Wen­werk fo­kus op stem­lo­ses

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ka­te­go­rie­wen­ners Ny­wer­heids­ont­werp: Mo­de: Ju­we­liers­ont­werp: Film:

M­zi­woxo­lo Ma­ka­li­ma se uit­beel­ding van ’n raad­op, stem­lo­se ge­meen­skap se ein­de­lo­se ge­wag op leë be­lof­tes het aan dié kuns­te­naar die top­prys in die PPC I­ma­gi­na­ri­um-toe­ken­nings be­sorg.

Dié pry­se, vir wer­ke ge­skep in se­ment, is on­langs by ’n ga­la-aand by die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg (UJ) oor­han­dig.

Die wen­ners is ge­kies uit 55 fi­na­lis­te wat hul se­ment­kuns­wer­ke in af­de­lings vir beeld­hou, ny­wer­heids­ont­werp, mo­de, ju­we­le en film voor­ge­lê het. Geen ar­gi­tek­tuur­in­skry­wings het van­jaar die eind­ron­de ge­haal nie.

Ma­ka­li­ma, ’n boor­ling van die Oos-Kaap, se beeld, wat uit se­ment en staal be­staan, het aan hom ’n kon­tant­be­drag van R150 000 be­sorg.

Sy beeld is ook op­ge­neem in ’n rond­gaan­de uit­stal­ling.

Dié beeld, ge­ti­teld Doubt Qu­euing, toon ra­de­lo­se men­se wat lank rond­ge­staan en in toue ge­wag het in die hoop op ver­an­de­ring se­dert de­mo­kra­sie in Suid-A­fri­ka ge­ves­tig is.

“Van­dag is ons moeg ge­wag, tog hou ons aan wag. Hier­die ge­wag het die toon­beeld van ons be­vry­ding ge­word – die wag en die hoop op ver­an­de­ring. Dit is ’n lang ge­wag op die be­lof­tes ge­maak deur men­se wat sê hul­le is ons lei­ers. Ons wag en dink dat ons net dank­baar moet wees vir ons vry­heid en ons stem­reg,” sê Ma­ka­li­ma.

Die ka­te­go­rie­wen­ners en kuns­te­naars wat die twee­de plek be­klee, ont­vang on­der­skei­de­lik R50 000 en R15 000.

In die twee­de plek is Son­wa­bi­so Ng­cai se Em­we­ka.

Han­dré de la Rey, CS Pro­ject, wen­ner, en in die twee­de plek De­on de Lan­ge, Kil­roy.

Ca­ra Ja­de Be­zui­den­hout, Con­cre­te Jour­ney, wen­ner, en die twee­de plek Ts­he­po Si­z­we P­ho­ko­joe, Da­wn of a New E­poch.

Za­ne­le Vi­la­ka­zi, Alp­hga, wen­ner, met A­leks Ash­ton, Cy­berglyph, as op­vol­ger.

S­te­fa­nus Nel, Ben’s Lad­der. Die be­oor­de­laars was Da­ni­ël van der Mer­we, Al­la­na Fin­ley, S­te­phen Hobbs en Za­ne­le Mas­hu­mi.

Die PPC I­ma­gi­na­ri­um-toe­ken­nings het ten doel om kuns­te­naars en ont­wer­pers aan die be­gin van hul loop­baan er­ken­ning en aan­moe­di­ging te gee.

Die toe­ken­nings is al met ver­skeie Bu­si­ness and Arts South A­fri­ca (Ba­sa)-pry­se ver­eer as on­der­steu­ner van kuns en ont­werp in Suid-A­fri­ka.

Die wer­ke is tot 15 Ju­nie in die UJ se ga­le­ry te sien voor­dat dit in die 100% De­sign South A­fri­ca in Kaap­stad en die KZNSA-ga­le­ry in Dur­ban te sien sal wees.

In­skry­wings vir aan­staan­de jaar se kom­pe­ti­sie is nou oop.

Die al­ge­he­le wen­ner, M­zi­woxo­lo Ma­ka­li­ma, se beeld uit se­ment en staal, Doubt Qu­euing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.