Sa­ke­lei­ers eis kom­mis­sie van on­der­soek na ‘ka­ping’

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

Suid-A­fri­ka het ’n on­af­hank­li­ke ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek no­dig om ver­troue in die e­ko­no­mie, de­mo­kra­sie en toe­koms van die land te ver­se­ker.

Dit is die me­ning van Bu­si­ness Le­a­ders­hip South A­fri­ca (BLSA) wat sê die “gif­ti­ge wolk wat oor die kan­toor van die pre­si­dent hang, vreet aan die ge­loof­waar­dig­heid van ons re­ge­ring en bring ska­de aan be­leg­gers­ver­troue.

“As dié kri­sis nie drin­gend on­der be­heer ge­bring word nie, gaan ons ’n toe­na­me in ar­moe­de en on­ge­lyk­heid sien,” sê BLSA in ’n ver­kla­ring.

Die ver­e­ni­ging sê sy kom­mer word deur po­li­tie­ke par­tye soos die ANC en SAKP, Co­sa­tu en nou ook die SuidA­fri­kaan­se Raad van Ker­ke ge­deel.

“BLSA stem saam dat hier­die wolk van ag­ter­dog tot voor­deel van die wel­stand van al die bur­gers van ons land ver­wy­der moet word.

“Ons weet die pre­si­dent het die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag oor staat­skaping on­der her­sie­ning ge­neem en die aan­be­ve­ling van ’n ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek as ‘uit­kon­trak­te­ring’ van die plig­te van die kan­toor van die o­pen­ba­re be­sker­mer be­vraag­te­ken.

“Ons weet ook die Grond­wet ver­plig die pre­si­dent om in die bes­te be­lang van die land op te tree.

“Ons doen dus ’n be­roep op pres. Ja­cob Zu­ma om die be­lan­ge van die land eer­ste te plaas en om eens en vir al­tyd die ver­woes­ten­de be­we­rings van staat­skaping uit die weg te ruim deur ’n on­af­hank­li­ke ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek aan te stel.”

Die ver­e­ni­ging sê hy het reeds op 28 A­pril, toe hy met die pre­si­dent en die lei­ers van die ANC ver­ga­der het, hier­die kwes­sies be­spreek.

“Ons neem ken­nis van die erns van die be­we­rings en die ‘be­vin­dings’ soos wat in die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag uit­een­ge­sit is.”

BLSA sê hy dring aan op die on­der­soek, want in­dien die ge­beu­re wel waar is, hou dit ri­si­ko’s in vir die kon­sti­tu­si­o­ne­le re­ge­ring én die rent­mees­ter­skap van die e­ko­no­mie.

BLSA sê hy is ook be­kom­merd dat in­di­vi­due waar­na daar in die ver­slag ver­wys word nie in e­ni­ge nu­we pos­te aan­ge­stel word wat o­pen­ba­re ver­troue ver­eis tot­dat hul­le vry­ge­spreek is van e­ni­ge aan­klag­te nie.

“Ons hou by ons o­pi­nie oor die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom. Ons doen ’n be­roep op die re­ge­ring om sy mag­te as aan­deel­hou­er in E­s­kom te ge­bruik om hier­die be­sluit on­mid­del­lik om te keer en E­s­kom se be­staan­de di­rek­sie te ver­vang.

“Ons de­mo­kra­tie­se staats­in­stel­lings is op al­le vlak­ke uit­ge­hol en die Grond­wet word ge­du­rig om­seil.

“Ons e­ko­no­mie stag­neer en daar is ’n ri­si­ko dat dit ag­ter­uit sal gaan, wat ver­woes­ten­de maat­skap­li­ke ge­vol­ge sal hê.

“Ons kan nie aan­hou om die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag te ig­no­reer nie.

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.