JSE sluit op hoog­ste vlak in 2 j.; rand b­reek nie deur R13 per dol­lar

Beeld - - Sake - – Han­lie S­tad­ler

Die JSE het gis­ter op die hoog­ste vlak in meer as twee jaar ge­sluit. Die in­deks van al­le aan­de­le het op 54 548,91 pun­te ge­sluit, net 1,16% van sy al­ge­he­le slui­tings­tyd­re­kord van 55 188,34 pun­te, wat op 24 A­pril 2015 ge­haal is. Die in­deks het deur die loop van die dag selfs 54 716,53 pun­te ge­haal.

Vol­gens Bloom­berg is die op­brengs op die in­deks vir die jaar tot dus­ver reeds 7,69%.

Per­sen­ta­sie­ge­wys was die groot­ste be­we­ging op die beurs dié van Long4Li­fe, wat met 10,34% ge­styg het. Dis die twee­de dag dat dié maat­skap­py skerp styg na­dat Ke­vin Hed­der­wick as be­dryfs­hoof aan­ge­stel is. Hed­der­wick het ver­le­de jaar uit­ge­tree as uit­voe­ren­de hoof van Fa­mous Brands, wat S­teers, Wim­py en Mug & Be­an in­sluit.

Long4Li­fe sa­mel op die oom­blik ka­pi­taal in om in skoon­heids­ en bui­te­le­we­maat­skap­pye te be­lê.

Wat waar­de be­tref, was gis­ter se groot­ste sty­ging dié van Nas­pers, hoe­wel die in­ter­ne­treus met slegs 0,3% tot R2 804,50 per aan­deel ge­styg het. Dit is nog ef­fens min­der as Nas­pers se al­ge­he­le re­kord van R2 846,50, wat vroe­ër in Mei ge­haal is.

Die top­40­in­deks het net 0,09% ho­ër op 48 046,16 pun­te ge­sluit. Dit is nog 0,85% la­er as die hoog­ste slui­tings­tyd­prys, 48 678,59 pun­te, wat op 30 Ju­nie 2016 ge­haal is.

Die rand kon teen 18:00 nog nie deur die vlak van R13 per dol­lar b­reek nie, maar het vroeg­mid­dag baie na­by daar­aan ge­kom op R13,02.

Net­werk24 is ’n pro­duk van Me­dia24, die Suid­A­fri­kaan­se fi­li­aal van Nas­pers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.