Mor­u­la: Sun skenk ca­si­no en ho­tel aan re­ge­ring in Noord­wes

Beeld - - Sake - – Han­lie S­tad­ler

Sun In­ter­na­ti­o­nal het die sleu­tels van sy Mor­u­la­ca­si­no en ­ho­tel in Ma­bo­pa­ne in Noord­wes aan die pro­vin­si­a­le re­ge­ring se Be­hui­sings­kor­po­ra­sie oor­han­dig – heel­te­mal gra­tis.

Dié on­ge­wo­ne stap, wat ’n mul­ti­mil­joen­rand­af­skry­wing vir Sun In­ter­na­ti­o­nal be­te­ken, word ge­doen om­dat Sun sy dob­bel­li­sen­sie in die pro­vin­sie na sy Ti­me S­qua­re Ca­si­no in Men­lyn Mai­ne, P­re­to­ria, oor­ge­dra het. Die lok­aas vir Mor­u­la is dus groot­liks daar­mee heen.

Ti­me S­qua­re, Sun In­ter­na­ti­o­nal se vlag­skip­pro­jek, het sy deu­re in A­pril ge­o­pen.

Die Be­hui­sings­kor­po­ra­sie se pri­mê­re taak is die ver­skaf­fing van bil­li­ke be­hui­sing.

Hy het Gold­rush Ga­ming Group aan­ge­stel om die ho­tel, wat nou be­kend sal staan as Gold­rush Mor­u­la, te be­dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.