Coro­na­ti­on kwyn in swak mark

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die fonds­be­stuur­der Coro­na­ti­on se in­kom­ste en wins het weer in die half­jaar tot ein­de Maart ge­daal te mid­de van swak mark­toe­stan­de en ’n voort­ge­set­te uit­vloei van geld uit sy fond­se.

’n Ba­te­be­stuur­der ver­dien sy in­kom­ste uit ba­te­be­stuurs­gel­de, in­slui­tend pres­ta­sie­gel­de wat ver­dien word op grond van sy ba­tes on­der be­stuur, die be­we­ging van die mark­te en met hoe­veel sy fond­se be­ter as hul maat­staw­we pres­teer.

An­ton Pil­lay, uit­voe­ren­de hoof, sê die Suid-A­fri­kaan­se mark is weer deur ’n tyd­perk van treu­ri­ge groei ge­ken­merk. Ter­wyl die MSCI-in­deks van al­le wê­reld­mark­te 8,2% in dol­lar in dié tyd­perk ge­le­wer het, het Suid-A­fri­ka se in­deks van al­le aan­de­le met net 1,6% ge­styg.

In­stel­lings

Die da­ling in in­kom­ste en wins is groot­liks weens die net­to uit­vloei van R30 mil­jard in die half­jaar uit sy por­te­feul­jes waar­in af­tree­geld be­stuur word.

Coro­na­ti­on het ein­de Maart R350 mil­jard in die por­te­feul­jes ge­had wat na­mens in­stel­lings be­stuur word.

Ver­le­de jaar in die half­jaar is ’n net­to uit­vloei van R36 mil­jard er­vaar.

Pil­lay het die uit­vloei weer toe­ge­skryf aan die af­tree­mark in Suid-A­fri­ka wat in ge­heel ’n net­to uit­vloei er­vaar het. Dit be­te­ken Suid-A­fri­ka­ners ont­trek meer geld uit af­tree­fond­se as wat in­be­taal word.

Die da­ling in sy ba­tes on­der be­stuur is ook toe­ge­skryf aan drie van sy in­sti­tu­si­o­ne­le por­te­feul­jes – wat 80% van sy in­sti­tu­si­o­ne­le ba­tes ver­teen­woor­dig het – wat in 2012 vir nu­we kli­ën­te ge­sluit is.

“Dit het ons ver­moë be­perk om nu­we be­leg­gers te lok.”

Die por­te­feul­jes is in Maart van­jaar weer ge­o­pen.

Pil­lay sê heel­wat be­lang­stel­ling is van be­leg­gers ge­kry om in die fond­se te be­lê.

Ge­wo­ne be­leg­gers

Coro­na­ti­on het weer ’n uit­vloei van geld uit sy fond­se vir ge­wo­ne be­leg­gers er­vaar, maar Pil­lay sê dit is aan die sta­bi­li­seer.

In die half­jaar is ’n net­to uit­vloei van R4 mil­jard er­vaar, wat klei­ner as die uit­vloei in die oor- een­stem­men­de half­jaar is.

Vol­gens hom ge­skied die net­to uit­vloei in ’n mark waar­in in ge­heel ’n baie klei­ner in­vloei is.

Vol­gens hom het die be­dryf in die ses maan­de oor die af­ge­lo­pe vier jaar ge­mid­deld ’n net­to in­vloei van R50 mil­jard ge­had. Dit het af­ge­neem tot ’n net­to in­vloei van R4 mil­jard in die af­ge­lo­pe ses maan­de tot ein­de Maart.

Hy het die klei­ner in­vloei van ge­wo­ne be­leg­gers toe­ge­skryf aan die e­ko­no­mie­se toe­stan­de wat ver­oor­saak dat men­se min­der spaar en weens meer werk­loos­heid.

Coro­na­ti­on is steeds een van die groot­ste fonds­be­stuur­ders van ge­wo­ne be­leg­gers se geld, maar sy mark­aan­deel het van 15,2% ein­de Maart 2015 tot 12,8% ge­daal.

Ná ’n tyd­perk van vin­ni­ge groei het hy ’n jaar ge­le­de vir die eer­ste keer ’n net­to uit­vloei be­leef.

Ein­de Maart het Coro­na­ti­on R226 mil­jard se ba­tes van ge­wo­ne be­leg­gers on­der be­stuur ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.