Ver­ko­pe van pas­teie gee R­ho­des ’n hup­stoot

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen

Die ver­ko­pe van pas­teie en snoe­pe­rye het die voed­sel­pro­du­sent R­ho­des Food Group (RFG) se streek­ver­ko­pe ’n hup­stoot ge­gee.

Dié Wes-Kaap­se voed­sel­groep ver­koop pas­teie on­der han­dels­na­me soos Mag­pie, Saint Pie en Ma Ba­ker. Hy ver­skaf pas­teie aan ket­ting­win­kel­groe­pe soos Wool­wort­hs en The Cor­ner Ba­ke­ry.

In die ses maan­de tot ein­de Maart van­jaar het die ge­no­teer­de RFG se we­sens­ver­dien­ste met 15,9% tot R126 mil­joen ge­styg, ver­ge­le­ke met die oor­een­stem­men­de tyd­perk ver­le­de jaar. Die groep se om­set het met 8,2% tot R2,2 mil­jard ge­styg. Sy be­dryfs­wins, R208 mil­joen, is 11,8% ho­ër.

Bru­ce Hen­der­son, uit­voe­ren­de hoof, sê streek­ver­ko­pe, wat SuidA­fri­ka en die res van A­fri­ka in­sluit, het met 17,9% ver­be­ter.

“Ver­ko­pe in ons af­de­ling vir vars voed­sel het met 27,8% ge­styg, dank­sy uit­ste­ken­de ver­ko­pe van pas­teie en snoe­pe­ry.”

Ver­ko­pe in die af­de­ling vir lang­le­we­voed­sel het met 12,3% ge­styg te mid­de van moei­li­ke han­dels­om­stan­dig­he­de in SuidA­fri­ka en an­der A­fri­ka-mark­te.

In­ter­na­si­o­na­le ver­ko­pe het eg­ter met 20,7% ge­daal weens die ver­ster­king van die rand teen­oor die in­ter­na­si­o­na­le geld­een­he­de waar­in RFG sa­ke doen. Die ge­mid­del­de sty­ging was 11% en dit het uit­voer­vo­lu­mes laat af­neem.

Hen­der­son ver­wag dié si­tu­a­sie sal in die oor­bly­wen­de ses maan­de van die boek­jaar nor­ma­li­seer.

Die maat­skap­py het on­langs twee groot ver­kry­gings ge­doen toe hy die Dur­ban­se voed­sel­ver­vaar­di­ger Packo vir R197 mil­joen ge­koop het en die K­waZu­lu-Na­tal­se pas­tei­ver­vaar­di­ger Ma Ba­ker vir R193 mil­joen ver­kry het.

“Ma Ba­ker is die mark­lei­er in K­waZu­lu-Na­tal en die ver­kry­ging ver­ste­wig ons po­si­sie in dié groei­en­de mark.”

Packo be­sit ’n aan­tal be­ken­de han­dels­mer­ke, on­der meer Bis­to, Sout­hern Co­a­ting, Hinds en Trot­ters, en dié ver­kry­ging gee RFG ’n voet in die deur van die voed­sel­mark vir droë ver­pak­kings.

RFG be­dryf 15 ver­vaar­di­gings­aan­leg­te in Suid-A­fri­ka en S­wa­zi­land, en wil in die twee­de helf­te van sy boek­jaar R220 mil­joen aan ka­pi­ta­le be­leg­gings be­stee, on­der meer vir die op­knap­ping van ge­rie­we by Packo en Ma Ba­ker. Die groep wil sy voet­spoor in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra ver­groot.

Dis dank­sy han­dels­mer­ke soos dié Mag­pie­pas­tei dat R­ho­des Food Group se ver­ko­pe in sy af­de­ling vir vars voed­sel met 27,8% ge­styg het in die ses maan­de tot ein­de Maart van­jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.