A­fri­can Bank maak wins van R53 m. in ses maan­de

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

A­fri­can Bank het ’n wins van R53 mil­joen vir die ses maan­de tot ein­de Maart ge­maak.

Die bank, wat weer sy be­dry­wig­he­de op 4 A­pril 2016 her­vat het, het in ’n Sens-ver­kla­ring ge­sê hy het vir die voor­af­gaan­de ses maan­de ’n ver­lies van R1,699 mil­jard ge­ly. Sy be­dryfs­wins voor be­las­ting het met 73% tot R83 mil­joen ge­daal.

Die bank ver­dui­de­lik die da­ling aan die hand van ’n la­er op­brengs van R11 mil­joen wat op die te­rug­koop van skuld­brie­we ver­kry is. Die mees­te van die te­rug­koop­tran­sak­sies is in die vo­ri­ge tyd­perk af­ge­han­del.

A­fri­can Bank het in Ju­lie 2016 aan­ge­kon­dig hy gaan $500 mil- joen se ef­fek­te in bui­te­land­se geld­een­he­de te­rug­koop om sy ren­te­las te ver­min­der.

A­fri­can Bank is ’n vol­fi­li­aal van A­fri­can Bank Hol­dings.

In die ge­val van die be­heer­maat­skap­py het sy be­dryfs­wins voor be­las­ting met 2,9% tot R345 mil­joen ge­styg. Wins is R315 mil­joen teen­oor die ver­lies van R1,699 mil­jard in die vo­ri­ge tyd­perk.

Ver­diens­te uit ver­se­ke­rings­be­dry­wig­he­de het met 748% tot R280 mil­joen ge­styg.

“Ons is te­vre­de met ’n stel re­sul­ta­te wat ’n kern-le­nings­on­der­ne­ming weer­spie­ël wat steeds in ’n taai om­ge­wing ver­be­ter,” sê B­ri­an Ri­ley, uit­voe­ren­de hoof.

“K­re­die­tri­si­ko bly on­der streng be­heer bin­ne die kon­teks van ver­staan­ba­re la­er vo­lu­mes van nu­we sa­ke. Dit is weens die bank se kon­ser­wa­tie­we be­na­de­ring tot ’n suk­ke­len­de e­ko­no­mie en die im­pak van ver­an­de­ring op be­leid,” ver­dui­de­lik hy.

A­fri­can Bank se re­sul­ta­te volg kort na­dat dit ver­le­de week be­kend ge­word het dat die bank be­plan om 652 pos­te va­kant te maak om kos­te te be­heer.

My­an Soobra­mo­ney, na­si­o­na­le se­kre­ta­ris vir die vak­bond Sas­bo, het be­ves­tig hul­le het ’n ken­nis­ge­wing ont­vang en dat 652 werk­ne­mers in­ge­vol­ge die Ar­beids­wet hul werk kan ver­loor. Sas­bo is by Co­sa­tu ge­af­fi­li­eer.

Soobra­mo­ney sê Sas­bo het die saak na die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie (KVBA) ver­wys.

Ri­ley sê hul­le gaan be­gin on­der­han­del met Sas­bo en dit sal deur die KVBA ge­fa­si­li­teer word.

“Die eer­ste da­tum vir kon­sul­ta­sie van 30 Mei is be­ves­tig. A­fri­can Bank sal ná die kon­sul­ta­sie­pro­ses meer in­lig­ting be­kend kan maak.”

Fo­to: ARGIEF

B­ri­an Ri­ley, uit­voe­ren­de hoof van A­fri­can Bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.