Huis­pry­se daal in re­ë­le waar­de, toon ban­ke se in­deks

Beeld - - Sake - – Han­lie S­tad­ler

Is daar ’n op­flik­ke­ring in die huis­mark of nié? Dis dalk te gou om te sê.

S­tan­dard Bank het gis­ter sy huis­prys­in­deks vir A­pril uit­ge­reik en dit dui daar­op dat huis­pry­se steeds al hoe sta­di­ger styg.

Vol­gens S­tan­dard Bank was die me­di­aan­huis­prys in dié maand ge­mid­deld net 4,5% ho­ër as ’n jaar ge­le­de, na­dat dit in Maart 4,6% ho­ër was.

Ge­ge­we dat in­fla­sie in Maart 6,1% was, en in A­pril waar­skyn­lik ook na­by 6% (die in­fla­sie­koers vir A­pril word op 24 Mei uit­ge­reik), be­te­ken dit huis­pry­se daal in re­ë­le waar­de.

Hier­mee stem FNB in sy huis­prys­in­deks saam. FNB sê huis­pry­se daal nou al tien maan­de lank as in­fla­sie af­ge­trek word. FNB se sy­fers dui eg­ ter op ’n be­dui­den­de op­flik­ke­ring in die mark in A­pril. Vol­gens sy sy­fers het huis­pry­se in A­pril van jaar tot jaar met 5,5% ge­groei teen­oor 4,1% in Maart.

Al­bei die ban­ke grond hul huis­prys­in­deks op die huis­ver­ban­de wat hul­le toe­staan.

Vol­gens S­tan­dard Bank was die koop­prys van die me­di­aan­huis wat hy ge­fi­nan­sier het, R923 000.

S­tan­dard Bank sê die prys van al­leen­staan­de ei­en­dom­me het met net 2,8% ge­groei (Maart: 3,7%), ter­wyl woon­stel­le en meent­hui­se 7,3% duur­der was (Maart: 7,2%).

Vol­gens S­tan­dard Bank is ban­ke ver­sig­tig om geld aan huis­hou­dings te leen om­dat huis­hou­dings on­der druk is.

Min­der re­si­den­si­ë­le ei­en­dom word tans in al­le ka­te­go­rieë ge­bou. Plan­ne vir 430 een­he­de min­der as ’n jaar ge­le­de is goed­ge­keur en 370 min­der een­he­de is ge­bou. Die waar­de van plan­ne wat goed­ge­keur is, was 8,5% la­er as ’n jaar ge­le­de as dit in kon­stan­te 2015­pry­se be­re­ken word.

Die waar­de van een­he­de wat vol­tooi is, was eg­ter 14,8% ho­ër as ’n jaar ge­le­de op R3 mil­jard.

Vol­gens S­tan­dard Bank het die ge­tal ei­en­dom­me wat kon­tant ge­koop word, vol­gens sy­fers van die ak­te­kan­toor tot 46% ge­styg. Dit weer­spie­ël dat ban­ke min­der ver­ban­de toe­staan.

S­tan­dard Bank is pes­si­mis­ties oor die voor­uit­sig vir die huis­mark om­dat huis­hou­dings on­der meer weens ho­ër be­las­ting on­der druk bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.