S­tor­mers sal dié keer reg wees vir Ki­wi’s – Feen­ey

Beeld - - Geklassifiseerd - Fran­cois de Wet

Dis dalk nog ’n he­le ruk voor­dat die kwart­eind­ron­de van van­jaar se Su­per­rug­by­reeks be­slis word, maar Paul Feen­ey, die S­tor­mers se hulp­af­rig­ter, sien reeds uit na ’n her­ont­moe­ting met ’n span van sy ge­boor­te­land.

“Ons gaan of die C­hiefs of Hur­ri­ca­nes in die kwart­eind­ron­de hier in Kaap­stad pak,” sê die Nieu-See­land­se vaar­dig­heids­ghoe­roe.

“Ons sal ge­reed wees vir e­ni­ge van daai span­ne. Ons het reeds die C­hiefs hier ge­klop en ons kan ons­self as on­ge­luk­kig ag om die wed­stryd teen die ’Ca­nes te ver­loor het.”

Feen­ey is vol self­ver­troue dat die Kaap­se span sy kon­fe­ren­sie in die eer­ste plek gaan af­sluit. Die S­tor­mers pak die na­week die Haaie in Dur­ban en ’n oor­win­ning daar kan hul plek bo­aan die pun­te­lys van die A­fri­ka 1-kon­fe­ren­sie reeds be­klink. Die S­tor­mers spog met 30 pun­te, met die Bul­le (15) wat twee­de lê. Ver­loor die P­re­to­ri­a­ners die na­week hul wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes is dit neu­sie ver­by vir die Bul­le se kan­se om die S­tor­mers in te haal. Die S­tor­mers moet ook ’n mas­sie­we in­sin­king be­leef (al vier hul laas­te wed­stry­de ver­loor) vir die Bul­le om e­ni­ge kans te hê om die Ka­pe­naars in te haal. Nog ’n re­de vir Feen­ey se self­ver­troue is dat die S­tor­mers op hul tuis­veld, Nu­we­land, ge­wys het hul­le kan Nieu-See­land­se span­ne klop. Hul­le het die af­ge­lo­pe na­week die Blu­es met 30-22 die loef af­ge­steek en maak nou ge­reed om die Haaie Sa­ter­dag in Dur­ban te pak.

Die re­de vir Feen­ey se op­ge­won­den­heid oor ’n ont­moe­ting met ’n Ki­wi-span in die uit­klop­fa­se is om te be­wys dat die S­tor­mers ná die har­de les­se wat op toer ge­leer is, groot vor­de­ring ge­maak het in die ves­ti­ging van ’n nu­we spel­pa­troon.

“Ons het in daar­die wed­stry­de uit­ge­vind dat klein fout­jies deur dié kli­nie­se span­ne ge­straf sal word. Om ag­ter­een­vol­gen­de na­we­ke teen die Cru­sa­ders, High­lan­ders en Hur­ri­ca­nes te speel is se­ker die moei­lik­ste toer waar­voor jy kan vra. Ons het op die toer uit­ge­vind wat ons te­kort­ko­min­ge is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.