Da­vids wik en weeg nog oor Kings se span

Beeld - - Geklassifiseerd - Mi­cha­el G­reen

Ty­ler Paul op agt­ste­man en N­ta­be­ni Du­ki­sa op heel­ag­ter.

Dít kan twee van die skui­we wees wat die Sout­hern Kings gaan doen vir Son­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Leeus in Jo­han­nes­burg.

De­on Da­vids, Kings-brei­er, kies sy span eers oor­mô­re, maar hy sê hy krap kop oor ’n paar po­si­sies.

“Daar is ’n paar spe­lers wat te­rug­kom van be­se­rings af en ’n paar an­der wat met goeie ver­to­nings druk op die spe­lers in die be­gin­span plaas,” sê Da­vids.

“Ons moet nou daar­die spe­lers op­weeg teen die hui­di­ge spe­lers in die be­gin­span.”

Een van die af­rig­ter se groot­ste kop­se­re is dalk op agt­ste­man, waar An­di­sa Nt­si­la las van ’n seer skou­er het.

“Met An­di­sa wat met die skou­er­be­se­ring suk­kel, kyk ons weer na Ru­aan Lerm,” sê Da­vids. “Ons sal la­ter ’n be­ter i­dee hê van of hy (Lerm) ge­noeg­saam van sy en­kel­be­se­ring her­stel het om te kan speel.”

As Lerm nie reg is nie, kan Ty­ler Paul van flank na agt­ste­man skuif. Dis nie ’n on­ge­wo­ne po­si­sie vir Paul nie wat al van­jaar ook slot vir die Kings ge­speel het.

Hy het al in die ver­le­de as ju­ni­or agt­ste­man ge­speel.

“As Ty­ler na agt­ste­man moet skuif, sal ons uit Chris Cloe­te, S­te­fan Wil­lem­se en T­hem­be­la­ni B­ho­li die flan­ke kies,” sê Da­vids.

Du­ki­sa se goeie ver­to­nings op heel­ag­ter vir die G­ren­sBul­l­dogs het Da­vids ook laat be­sluit om hom erns­tig te oor­weeg as heel­ag­ter in die be­gin­span. “Hy ver­dien ’n kans. En dan is Mal­colm Ja­er ook te­rug van sy be­se­ring en hy het in Maan­dag­og­gend se oe­fe­ning goed ge­lyk,” sê Da­vids.

Chrys­an­der Bo­tha het die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag vir die Kings die laas­te ves­ting teen die Brum­bies ver­de­dig. Hy het nie juis die wê­reld aan die brand ge­speel nie, maar het da­rem ook nie heel­te­mal ’n nag­mer­rie-wed­stryd be­leef nie. Dalk ver­dien hy nog ’n kans. On­ge­luk­kig vir hom het hy min kans ge­had om te wys dat hy ook ’n goeie en ge­vaar­li­ke aan­val­len­de heel­ag­ter kan wees.

Ma­sixo­le Ban­da was Maan­dag langs die kant­lyn met sy dy­spier­be­se­ring en die kans is skraal dat hy be­tyds reg sal wees om op heel­ag­ter oor­weeg te word.

“S­te­fan Un­ge­rer het ook die laas­te tyd goed op skrum­ska­kel ge­lyk vir die OPKings in die Su­perS­port-uit­daag­reeks en is ook ’n aan­spraak­ma­ker om teen die Leeus te speel,” sê Da­vids.

Die lyn­staan­spe­si­a­lis Wil­helm van der Sluys se lies­be­se­ring word ook deeg­lik ge­mo­ni­tor. As hy slag­ge­reed is, sal Da­vids moet be­sluit of hy hom saam met Ir­né Herb­st of Gi­ant M­ty­an­da in die be­gin­span wil hê.

Ty­ler Paul

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.