T­heu­nis kyk vo­ren­toe ná tra­ne in de­buut

Beeld - - Geklassifiseerd - Chris­to Bu­ch­ner

Wan­neer T­heu­nis de Bruyn te­rug­dink aan sy toets­de­buut vir Suid-A­fri­ka se krie­ket­span, kom daar net een woord in sy ge­dag­tes op: te­leur­stel­ling.

“Van klein­tyd af droom jy met so­veel ver­wag­tin­ge oor hoe jou toets­de­buut sal ver­loop en so­veel sce­na­rio’s speel in jou gees­tes­oog af van hoe dit gaan wees, maar vir my was dit net een groot te­leur­stel­ling hoe din­ge vir my ge­gaan het,” sê dié kap­tein van die K­nig­hts.

Hy het sy toets­de­buut vroe­ër van­jaar in Ha­mil­ton in Ni­euSee­land ge­maak deur uit po­si­sie as aan­vangs­kol­wer te moes diens doen. “Daar was so­veel e­mo­sie met die sing van die volks­lied en toe moes ek in baie be­wolk­te toe­stan­de en met re­ën wat wou uit­sak, uit­stap om die beurt te o­pen. Dit was nie i­de­a­le kolf­toe­stan­de nie,” sê hy en boon­op is hy toe vir ’n nul­le­tjie uit. In die twee­de beurt het hy vin­nig tot 12 lo­pies ge­vor­der, voor­dat hy uit­ge­hard­loop is toe hy en Hashim Am­la teen me­kaar vas­ge­hard­loop het. Om die he­le pe­tal­je op te­le­vi­sie te sien, was am­per soos ’n ko­me­die, maar vir De Bruyn was daar niks snaaks daar­aan nie.

“Die gent­le­man wat Hashim is, het hy my om ver­sko­ning ge­vra vir die fout wat hy ge­maak het met my uit­hard­loop­slag. Dit is iets waar­van ek nou wil ver­geet en ek kyk net na die toe­koms. Wat daar met my ge­beur het, ge­bruik ek as mo­ti­ve­ring,” sê hy.

De Bruyn (24) ver­trek van­dag na En­ge­land saam met die Suid-A­fri­kaan­se A-span op sy toer van drie een­dag­stry­de en een vier­dag-krag­me­ting met die En­gel­se Li­ons.

“Dit bly maar ’n in­te­res­san­te spel en wat met my ge­beur het, is maar hoe dit in krie­ket kan gaan. My toets­de­buut was baie uit­da­gend en het nie ver­loop soos ek dit wou hê nie.

“Tog kan ek te­rug­kyk op ’n won­der­li­ke eer­ste sei­soen vir my saam met die K­nig­hts, waar ons die meer­dag-ti­tel ge­wen het. Dit was ’n groot skuif in my le­we om P­re­to­ria vaar­wel toe te roep en Bloem­fon­tein toe te gaan. Din­ge het daar eg­ter baie goed vir my uit­ge­werk en ek is ver­heug dat dit die reg­te skuif was,” sê hy.

De Bruyn be­skryf hom­self as ’n span­man en is dus nie ge­pla waar hy kolf nie, al ver­kies hy nom­mer drie of vier.

“Ek is ook nie se­ker waar hul­le wil hê ek moet kolf vir die A-span óf Suid-A­fri­ka nie. Ek is eg­ter nie vol fie­mies waar ek kolf nie,” sê hy.

In die Suid-A­fri­kaan­se win­ter­maan­de ge­niet hy dit om op hul fa­mi­lie­plaas in die T­ha­ba­zim­bi-dis­trik te gaan jag, maar vir eers is al wat hy nou in sy vi­sier het, die bou­lers van die En­gel­se Li­ons.

T­heu­nis de Bruyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.