SA vroue kan skit­ter in Di­a­mant­li­ga

Beeld - - Geklassifiseerd - Wim P­re­to­ri­us

Dit sal die na­week die beurt van ’n paar van Suid-A­fri­ka se vroue-at­le­te wees om die land se vlag om­hoog te hou ty­dens die der­de been van die Di­a­mant­li­ga-reeks.

Die spies­gooi­er Su­net­te Vil­joen, die O­lim­pie­se kam­pi­oen in die 800, Cas­ter Se­me­nya, en die hek­kies­lo­per Wen­da Nel sal Vry­dag en Sa­ter­dag in ak­sie wees op dié by­een­koms in Eu­ge­ne, O­re­gon.

Vil­joen het ver­le­de jaar in Rio de Ja­nei­ro O­lim­pie­se sil­wer ver­o­wer en kry in Eu­ge­ne die kans om die bord­jies te ver­hang teen Kro­a­sië se Sa­ra Ko­lak, die e­nig­ste spies­gooi­er wat haar kon klop.

Vyf van die voor­ste ses spies­gooi­ers in die O­lim­pie­se eind­ron­de sal mee­ding.

Ko­lak het die goue me­dal­je ver­le­de jaar voor Vil­joen weg­ge­raap toe sy die Suid-A­fri­ka­ner se eer­ste gooi van 64.92 be­ant­woord het met ’n mas­sie­we vier­de gooi van 66.18.

Ook in Eu­ge­ne is Bar­bo­ra Š­potá­ko­vá, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se kam­pi­oen en ver­le­de jaar se brons­me­dal­je­wen­ner. Tat­si­a­na K­ha­la­do­vich van Wit-Rus­land, wat vyf­de in Rio was, en Kathryn Mit­chell van Aus­tra­lië, wat ses­de was, sal ook in ak­sie wees.

Sa­ter­dag is dit Se­me­nya se beurt om te wys wat in haar steek. Die Pot­chef­stro­mer be­klee tans die eer­ste plek op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se wê­reld­rang­lys van 2017 na- dat sy ty­dens die eer­ste been van die Di­a­mant­li­ga-reeks, in Doha, ’n tyd van 1:56.61 ge- hard­loop het.

Fran­ci­ne Niyon­sa­ba van Bu­run­di, wat die sil­wer­me­dal­je in Rio ver­o­wer het, as­ook Mar­ga­ret Wam­bui van Ke­nia, wat tans twee­de op die wê­reld­rang­lys is en brons ge­wen het in Rio, sal ook in Se­me­nya se nek blaas.

In die 400 m-hek­kies sal Nel op haar goeie peil van die jaar wil voort­bou. Sy het in A­pril reeds 55.16 sek. in die i­tem op die stop­hor­lo­sie ge­haal. Nel sal wel s­terk teen­stand te bo­we moet kom. Die A­me­ri­ka­ner Ge­or­gan­ne Mo­li­ne, ag­ter wie se naam die vin­nig­ste tyd van die jaar (54.10) is, en die O­lim­pie­se kam­pi­oen, De­li­lah Mu­ham­mad, sal langs haar in die blok­ke sak.

Su­net­te Vil­joen

Fo­to: GETTY IMAGES

Wen­da Nel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.