K­vi­to­vá reg vir die gras­ba­ne in Lon­den

Beeld - - Geklassifiseerd - – Reu­ters

Die twee­ma­li­ge en­kel­spel­kam­pi­oen Pe­tra K­vi­to­vá gaan min­der as se­we maan­de na­dat sy in haar huis met ’n mes aan­ge­val en ge­steek is, op Wim­ble­don in ak­sie wees.

Die T­sjeg, wat in De­sem­ber ’n o­pe­ra­sie aan haar lin­ker­hand – haar speel­hand – on­der­gaan het na­dat sy in Pros­te­jov, haar tuis­stad, deur ’n in­drin­ger in haar woon­stel aan­ge­val is, het vin­ni­ger her­stel as wat ver­wag is.

Vol­gens ’n lid van haar on­der­steu­ning­span kan sy selfs ge­reed wees om te speel in die Fran­se Ope, wat Son­dag in Parys be­gin.

“Sy is op koers vir Wim­ble­don,” sê Ka­tie S­pel­l­man, K­vi­to­vá se pu­bli­si­teits­be­stuur­der. “Sy sal dié week be­sluit oor Ro­land Gar­ros.”

K­vi­to­vá, wat Wim­ble­don in 2011 en 2014 ge­wen het, sal in­ge­sluit wees op die amp­te­li­ke in­skry­wings­lys vir van­jaar se kam­pi­oen­skap. Die lys word van­dag be­kend ge­maak.

“Dit is al­tyd vir die All Eng­land La­wn Ten­nis Club aan­ge­naam om voor­ma­li­ge kam­pi­oe­ne by Wim­ble­don te­rug te ver­wel­kom. Die klub sal ver­heug wees as Pe­tra K­vi­to­vá aan van­jaar se kam­pi­oen­skap kan deel­neem,” sê Wim­ble­don in ’n ver­kla­ring.

K­vi­to­vá is op 20 De­sem­ber deur ’n man aan­ge­val wat toe­gang ver­kry het tot die woon­stel­blok waar sy woon deur hom as ’n wer­ker voor te doen. K­vi­to­vá het be­se­rings in die li­ga­men­te van vier vin­gers en die duim aan haar lin­ker­hand op­ge­doen.

Dok­ters het des­tyds ge­sê as al­les goed gaan, sal sy op die vroeg­ste ses maan­de ná die aan­val weer ten­nis kon speel.

Ty­dens haar her­stel­pe­ri­o­de het die 27-ja­ri­ge al­mal in haar span ver­stom met haar po­si­tie­we hou­ding en ge­loof dat sy gou­er weer te­rug op die ten­nis­baan sou wees.

Ver­le­de maand het K­vi­to­vá ge­sê sy het haar naam op die in­skry­wings­lys vir die Fran­se Ope ge­hou om po­si­tief te bly. Vroe­ër die maand het sy ’n fo­to van haar­self in so­si­a­le me­dia ge­pu­bli­seer waar sy in Mon­te Car­lo oe­fen.

Die trek­king vir die Fran­se Ope vind Vry­dag by Ro­land Gar­ros plaas, maar ge­ge­we die fi­sie­ke krag wat dit verg om op klei te speel, sal dit ver­ras­send wees as K­vi­to­vá wel daar speel.

As sy be­sluit om nie te speel nie, sal sy waar­skyn­lik voor Wim­ble­don in ’n op­war­mings­toer­nooi op gras speel.

Pe­tra K­vi­to­vá na­dat sy in 2014 die Wim­ble­don­eind­stryd ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.