Jeug én er­va­ring in Pro­te­as se WB­groep

24 uur

Beeld - - Geklassifiseerd - – S­port­re­dak­sie

Twee groen­tjies, Na­di­ne de K­lerk en Rai­si­be N­to­zak­he, is in die Pro­te­as se groep in­ge­sluit vir die Wê­reld­be­ker­toer­nooi vir vroue, wat in Ju­nie en Ju­lie in En­ge­land be­slis word.

Al­bei het hul de­buut in die on­lang­se vier­hoe­ki­ge toer­nooi in Suid­A­fri­ka teen In­dië, Ier­land en Zim­bab­we ge­maak. Hul­le het ge­noeg­saam be­ïn­druk om nou ’n kans op die sport se groot­ste ver­hoog te kry. Krie­ket SuidA­fri­ka het gis­ter ’n groep van 15 aan­ ge­wys on­der lei­ding van Dané van Nie­kerk wat in­tus­sen van haar voet­be­se­ring her­stel het. Suid­A­fri­ka be­gin die WB­toer­nooi op die 25ste Ju­nie teen Pa­ki­stan in Lei­ces­ter.

WB­groep: Dané van Nie­kerk (k, OP), T­risha C­het­ty (Gau­teng), Mo­se­li­ne Da­niels (Bo­land), Na­di­ne de K­lerk (Noor­de­li­kes), Mig­non du P­reez (Noor­de­li­kes), S­habnim Is­mail (Gau­teng), Ay­a­bon­ga K­ha­ka (Grens), Ma­ri­zan­ne Kapp (OP), Ma­sa­ba­ta Klaas (VS), Li­zel­le Lee (NW), Su­ne Luus (Noor­de­li­kes), Rai­si­be N­to­zak­he (Gau­teng), An­drie S­teyn (WP), Chloe Tryon (KZN), Lau­ra Wol­vaardt (WP).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.