Mex­i­kaan­se vrou se­ë­vier met san­da­le oor 50 km

Beeld - - Geklassifiseerd -

’n Mex­i­kaan­se vrou het on­langs ’n lang­af­stand­veld­wed­loop oor 50 km in san­da­le vol­tooi – en boon­op 500 deel­ne­mers van 12 an­der lan­de uit­ge­stof om te se­ë­vier.

María Lo­re­na Ramí­rez (22), ’n lid van Mex­i­ko se in­heem­se Ta­ra­hu­ma­ra­ge­meen­skap, het aan die Ul­tra Trail Cer­ro Ro­jo­wed­loop in Pu­e­bla (in Sen­traal­Mex­i­ko) deel­ge­neem son­der ’n en­ke­le stuk at­le­tiek­kle­ra­sie.

Die san­da­le waar­in sy ge­hard­loop het, is glo uit her­won­ne rub­ber van mo­tor­ban­de ver­vaar­dig.

Haar wen­tyd was 7 uur en 3 mi­nu­te en haar wen­prys was 6 000 pe­sos (so­wat R4 250).

Na be­rig word, is Ramí­rez ’n skaap­wag­ter en stap sy el­ke dag tus­sen 10 en 15 km.

Sy het in 2016 twee­de ge­ëin­dig in die 100 km­ka­te­go­rie van die Ca­bal­lo Blan­co­ul­tra­ma­ra­thon in C­hi­hua­hua.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.