Dít is waar­om Bis­sie nie ge­kies is

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Allister Coetzee, die S­pring­bok­af­rig­ter, glo die spe­lers wat hul rug­by in Suid-A­fri­ka speel, móét voor­keur kry wan­neer die S­pring­bok-trui ter spra­ke kom.

“Die kwes­sie van die oor­se­se spe­lers is al­tyd ’n turks­vy. Kies ek van hul­le, sal daar al­tyd vrae ge­vra word en kies ek van hul­le nié, sal daar ook vrae ge­vra word. Dit is een van daar­die moei­li­ke si­tu­a­sies om te kan wen,” sê hy.

Hy is gis­ter met die aan­kon­di­ging van die groep wat aan­staan­de maand in drie toet­se teen Frank­ryk speel, ge­pols oor van die oor­se­se spe­lers en of hy nog vir Bis­marck du P­les­sis in sy vi­sier ge­had het.

“Ek het ken­nis ge­neem van sy ver­to­nings in Frank­ryk, maar het net ge­voel dat ek in Mal­colm Marx ’n ha­ker hier by die huis het wat skit­ter­spel le­wer en ge­wys het hy sal die span be­slis nie in die steek laat nie.”

Coetzee het uit­ein­de­lik wel vier spe­lers wat hul rug­by oor­see speel ge­kies, maar sê die vier­tal is spe­lers wat be­slis ’n po­si­tie­we im­pak op die span­kul­tuur sal hê.

Dié vier is S­te­ven Kits­hoff (voor­ry­man van Bor­deaux Bèg­les), Du­a­ne Ver­meu­len (los­voor­spe­ler van Tou­lon), Fran­cois Hou­gaard (skrum­ska­kel van Wor­ces­ter War­ri­ors) en Frans S­teyn (los­ska­kel/sen­ter van Mont­pel­lier).

“Kits­hoff kom in elk ge­val nou per­ma­nent te­rug Suid-A­fri­ka toe en Du­a­ne kan ook met vrug as se­we­flank in die toet­se in­ge­span word.

“Aan­ge­sien hy nog be­trok­ke is by Tou­lon in die Fran­se Top14-li­ga, kan dit ge­beur dat hy dalk eers die week voor die eer­ste toets hier aan­kom. Dit sal nie i­de­aal wees nie. Net een week om voor te be­rei en in te s­ka­kel by die span sal nooit ge­noeg wees nie.

“Frans S­teyn het ook die he­le sei­soen vir Mont­pel­lier op nr. 10 ge­speel, maar ons kan hom ook op bin­ne­sen­ter oor­weeg en dit gee ons nog ’n ek­stra op­sie.

“Ek voel die oor­se­se spe­lers wat ons be­trek het, kan al­mal ’n be­lang­ri­ke rol speel,” sê hy.

Coetzee er­ken hy is nie té oud om te kan leer nie. “Die een ding wat ek in my rol as Bok-af­rig­ter ge­leer het, is dat jy spe­lers wat goeie spel­peil o­pen­baar, moet be­loon.

“Daar­om het ek be­sluit om vir spe­lers soos die Leeus se Ross Cron­jé en An­dries Coetzee kans te gee,” er­ken hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.