TERREUR IN MANCHESTER

22 sterf ná plof­slag in stamp­vol a­re­na

Beeld - - Front Page - – AP, Reu­ters, BBC, Sky News, The Gu­ar­di­an

Bu­re het die laas­te paar we­ke ge­hoor hoe Sal­man A­be­di (22), die Manchester-self­moord­bom­aan­val­ler, Isla­mi­tie­se ge­be­de in Ara­bies dreun­sing.

22 men­se is dood en min­stens 119 be­seer toe A­be­di Maan­dag­aand ’n spy­ker­bom in die foy­er van die Manchester-a­re­na laat ont­plof het, net ’n mi­nuut na­dat die ver­to­ning van die A­me­ri­kaan­se pop­ster A­ri­a­na Gran­de (23) ver­by was.

In­tel­li­gen­sie­amp­te­na­re sê A­be­di is in 1994 in Manchester ge­bo­re. Sy ou­ers is van Li­bie­se oor­sprong.

Hy het twee broers en ’n sus­ter ge­had.

Li­na Ahmed, ’n buur­vrou van A­be­di wat na­by die a­re­na ge­woon het, sê A­be­di het “baie vreemd” be­gin op­tree.

Vei­lig­heids­mag­te sê die “ge­so­fis­ti­keer­de” bom is deur ’n kun­di­ge ge­maak.

Die ter­reur­groep I­sis het ver­ant­woor­de­lik­heid vir die aan­val aan­vaar wat hy ’n “wraak­aan­val teen kruis­vaar­ders” noem, maar die o­wer­heid is on­se­ker of dit wel I­sis was.

In ’n bood­skap op so­si­a­le me­dia ver­wys I­sis na aan­val­lers en nie net een aan­val­ler nie. Ook is die naam van die aan­val­ler nie in die bood­skap ge­noem soos die ter­reur­groep ge­woon­lik doen nie.

Die a­re­na, wat 21 000 men­se kan huis­ves, was stamp­vol.

“Ons het ge­hard­loop en men­se om ons het ge­gil . . . mei­sies het ge­huil. Dit was net cha­os,” sê Se­bas­ti­an Di­az (19).

“Dit was net ’n mi­nuut na­dat die ver­to­ning ge­ëin­dig het. Die lig­te het aan­ge­gaan en die bom het af­ge­gaan.”

Beeld­ma­te­ri­aal op T­wit­ter wys hoe men­se gil­lend uit die a­re­na hard­loop.

Gran­de (23) het ge­twiet: “Ge­bro­ke. Van die diep­ste van my hart, is ek so, so jam­mer. Ek het nie woor­de nie.”

Oog­ge­tui­es sê hul­le het ’n har­de slag aan die ein­de van die kon­sert ge­hoor.

“Die kon­sert was klaar en ons al­mal was be­sig om te loop. Daar was ’n ont­plof­fing aan ons lin­ker­kant en men­se het be­gin hard­loop,” sê I­sa­bel Hod­gins, ’n ak­tri­se.

“Dit het soos ’n brand ge­ruik en daar was taam­lik baie rook toe ons ver­trek het.”

Kin­ders van so jonk as agt jaar oud het die kon­sert by­ge­woon.

Nog net drie na­me van oor­le­de­nes is be­kend ge­maak: Saf­fie Rous­sos (8), Ge­or­gi­na Cal­lan­der (18) en John At­kin­son (26).

Fo­to’s van ver­mis­te tie­ners is deur vrien­de en fa­mi­lie op so­si­a­le me­dia ge­plaas.

Die aan­val was die do­de­lik­ste in B­rit­tan­je se­dert vier B­rit­se Mos­lems 52 men­se in 2005 ver­moor het in self­moord­bom­aan­val­le op Lon­den se o­pen­ba­re ver­voer­stel­sel.

Le­de van die teen­ter­reur­een­heid het gis­ter ’n 23-ja­ri­ge man in W­hal­ley Ran­ge, Manchester, in heg­te­nis ge­neem ter­wyl die o­wer­heid pro­beer vas­stel of A­be­di deel van ’n ter­reur­sel was. ’n Be­heer­de ont­plof­fing is by die wo­ning uit­ge­voer.

Sy was 8

Sy was 18

Fo­ren­sie­se on­der­soe­kers by die Manchester­a­re­na na­dat ’n bom Maan­dag­aand daar ont­plof het. Fo­to’s: GETTY

Saf­fie Rous­sos (8)

Ge­or­gi­na Cal­lan­der (18) en die pop­ster A­ri­a­na Gran­de. Dié fo­to is twee jaar ge­le­de ge­neem.

John At­kin­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.