‘Po­li­sie kry voor ein­de 2017 ’n nu­we hoof ’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Suid-A­fri­ka sal voor ein­de van­jaar ’n nu­we po­li­sie­hoof hê, vol­gens Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie.

Hy het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment ge­sê genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, die ge­skors­te na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, se ter­myn loop in Ju­nie ten ein­de.

“Oor die vol­gen­de paar maan­de gaan ons ’n pro­ses be­gin om ’n nu­we kom­mis­sa­ris in die re­pu­bliek te hê. Voor ein­de van­jaar sal daar ’n an­der sher­iff op die dorp wees.”

Wie dit sal wees, “sal be­paal word deur die­ge­ne wat die mag het om dit te doen”. M­ba­lu­la het uit­ge­wys dat die pre­si­dent en die mi­nis­ter van po­li­sie die aan­stel­ling saam doen.

“Ons wil die pro­ses so gou moont­lik af­han­del.”

Oor die stryd tus­sen Ro­bert M­cB­ri­de, uit­voe­ren­de di­rek­teur van die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod), en lt.genl. K­go­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­hoof, het M­ba­lu­la ge­sê hy gee aan­dag daar­aan.

“Ten op­sig­te van die kwes­sies wat oor die on­der­soek ge­op­per is, moet ons eers ons regs­po­si­sie oor die kwes­sie ver­staan wat be­tref ons in­gry­ping. Ons weet dat O­pod ge­vra het dat die waar­ne­men­de kom­mis­sa­ris óf ge­skors óf ver­skoon word ty­dens die on­der­soek teen hom.”

Die mi­nis­te­rie gee aan­dag aan die ver­soek en sal teen­oor M­cB­ri­de re­a­geer ten op­sig­te van hul regs­po­si­sie. M­ba­lu­la het ge­sê hy sal in die vol­gen­de paar we­ke ’n vol­le­di­ge ver­slag oor so­da­ni­ge on­der­soek ont­vang.

M­cB­ri­de het ver­le­de week aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie ge­sê het die po­li­sie se taak­mag word ge­bruik om die on­der­soek teen P­hahla­ne te ont­spoor.

O­pod on­der­soek se­dert Fe­bru­a­rie 2016 klag­te dat P­hahla­ne na be­we­ring ’n bou­kon­trak­teur by sy huis met groot be­drae kon­tant in plas­tiek­sak­ke uit sy BMW se ba­ga­sie­bak be­taal het.

Na­ge­noeg R710 000 kon­tant is glo by drie ge­leent­he­de aan die bou­kon­trak­teur be­taal.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.