Aan­val ruk ook Pro­te­as

Beeld - - Geklassifiseerd - – Al­tus Mom­berg

Die Suid­A­fri­kaan­se krie­ket­span gaan in Au­gus­tus in ’n ho­tel in Manchester tuis­gaan wat bin­ne loop­af­stand is van waar die ter­reur­aan­val Maan­dag­aand in dié En­gel­se stad plaas­ge­vind het.

Dr. Mo­ham­med Moos­a­jee, die Pro­te­as se span­be­stuur­der, het gis­ter ty­dens ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Leeds ge­sê dat die En­gel­se K­rie­ket­raad en die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad by­ko­men­de maat­re­ëls in plek ge­stel het om die vei­lig­heid van die spe­lers te pro­beer ver­se­ker.

“Die hui­di­ge vei­lig­heids­plan­ne gaan aan­ge­vul word. Daar gaan meer sig­ba­re vei­lig­heids­be­amp­tes by die sta­di­ons, by die oe­fe­nin­ge so­wel as die ho­tel­le wees,” het Moos­a­jee ge­sê.

“Die ho­tel waar ons gaan tuis­gaan vir die laas­te toets (in die ko­men­de toets­reeks teen En­ge­land) op Old Traf­ford in Manchester is let­ter­lik bin­ne loop­af­stand van waar gis­ter­aand se aan­val plaas­ge­vind het.”

Moos­a­jee het ge­sê daar was kom­mer in die span oor die aan­val by ’n mu­siek­kon­sert in die Manchester A­re­na, waar 22 men­se hul le­wens ver­loor het.

“Dis iets waar­oor hul­le al­mal Dins­dag­og­gend om die ont­byt­ta­fel ge­praat het.”

Hy het eg­ter be­klem­toon dat die span sy eie vei­lig­heids­kun­di­ges het wat hom van raad be­dien en dat daar tans geen spra­ke is dat die span huis toe wil gaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.