Ku­mar (39) maak klaar met meer­dag­krie­ket

Beeld - - Geklassifiseerd -

Ku­mar Sang­ak­ka­ra, le­gen­da­rie­se kol­wer van Sri Lan­ka, het be­ves­tig dat hy aan die ein­de van die En­gel­se graaf­skap­sei­soen eer­ste­rang­se krie­ket gaan groet.

Sang­ak­ka­ra (39) het toets­krie­ket in 2015 vaar­wel toe­ge­roep en is vyf­de op die lys van die voor­ste lo­pie­vra­te in dié for­maat van die spel.

Die hot­klou het sy laas­te meer­dag­stryd op Lord’s die na­week ge­pas met twee hon­derd­tal­le – 114 en 120 – vir Sur­rey teen Midd­le­sex ge­vier.

“Jy pro­beer teen die on­ver­my­de­li­ke ba­klei, maar jy moet loop ter­wyl jy nog op jou bes­te is,” sê Sang­ak­ka­ra.

Sang­ak­ka­ra sê hy wil nie die fout be­gaan om te lank aan te bly nie.

“Die groot­ste fout wat jy soms kan maak, is om te dink jy is be­ter as wat jy werk­lik is.

“K­rie­ket­spe­lers, of e­ni­ge an­der sport­man, het ’n ver­val­da­tum en jy moet kan weg­stap.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.