All Blacks be­hou twee staat­ma­ker­brei­ers

Beeld - - Geklassifiseerd -

Ian Fos­ter en Mi­ke Cron, die All Black­hulp­af­rig­ters, het hul kon­trak met die Nieu­See­land­se Rug­by­u­nie (NSRU) ver­leng en sal die span help brei tot aan die ein­de van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in Ja­pan in 2019.

S­te­ve Han­sen, die hoof­af­rig­ter wat ver­le­de jaar sy kon­trak met die NSRU tot vroeg in 2020 ver­leng het, is ver­lig dat Fos­ter en Cron by die All Blacks aan­bly, ver­al na­dat Way­ne S­mith, die ver­de­di­gings­af­rig­ter, ver­le­ de week ge­sê het hy ver­laat die span aan die ein­de van die Rug­by­kam­pi­oen­skaps­reeks. Han­sen het Fos­ter se be­sluit in ’n ver­kla­ring as “won­der­li­ke nuus” be­skryf.

“Hy was die af­ge­lo­pe vyf jaar ’n sleu­tel­fi­guur in ons af­rig­tings­ en be­stuur­span en hy bied baie kalm­te, rug­by­ken­nis en in­tel­lek aan die span. Dis ook fan­tas­ties om Cron tot by die vol­gen­de Wê­reld­be­ker­toer­nooi saam met ons te hê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.