‘Net Piet Byl kon dit reg­kry’

Wye lof vir ge­we­se speur­der By­le­veld

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to Simon Son­ne­kus en

E­li­ze Hu­man ont­hou pre­sies die dag en da­tum toe haar se­we­ja­ri­ge dog­ter­tjie tien jaar ge­le­de ver­dwyn het.

Sy ont­hou toe haar Sheldean se ly­kie dae la­ter in ’n man­gat ge­vind is.

Sy ont­hou dit was Piet By­le­veld wat uit­ein­de­lik die ver­dag­te, Andrew Jor­daan, aan die praat ge­kry het.

Hu­man is een van die ve­le men­se op wie se le­we, ook in ’n tyd van seer, By­le­veld ’n bly­wen­de in­druk ge­laat het.

Dié be­faam­de oudspeur­der is gis­ter net ná 12:00 ná ’n stryd teen kan­ker in die Wil­ge­heu­wel­hos­pi­taal in Roo­de­poort dood.

Die ver­vol­ging van Sheldean se moor­de­naar was een van die ve­le suk­ses­ver­ha­le op By­le­veld se kerf­stok.

Sheldean het op 18 Fe­bru­a­rie 2007 ver­dwyn.

Jor­daan, wat aan die Hu­man­ge­sin be­kend was, is twee dae la­ter in heg­te­nis ge­neem.

Hoe­wel dit sterk ver­moed is dat hy die blon­de­kop­pie ont­voer en ver­moor het, kon soek­ge­sel­skap­pe haar net nie op­spoor nie.

“Ek weet hul­le het op 5 Maart daar­die jaar vir my ge­sê dié Piet By­le­veld is in­ge­roep om te kom help en dat hy twee speur­ders, on­der an­de­re (lt.kol.) Mi­ke van Aardt, saam­ge­bring het.

“Ek is ver­tel dat hy Andrew on­der­vra het. En toe gaan wys Andrew vir Van Aardt en die an­der speur­der waar my Sheldean se lyk is.

“Piet By­le­veld het reg­ge­kry wat nie­mand an­ders kon nie.

“Die po­li­sie het reg­tig al­les ge­doen, maar nie­mand kon uit Andrew kry waar my kind was nie. Ek sal al­tyd dank­baar wees dat hy by die saak be­trok­ke ge­raak het, an­ders het ons dalk nou nog ge­soek,” het Hu­man gis­ter ge­sê.

Jor­daan is op 9 Ju­nie 2008 le­wens­lank tronk toe ge­stuur weens die moord op Sheldean.

Hy is in 2012 deur ’n me­de­ge­van­ge­ne in die tronk ver­moor.

Hu­man het By­le­veld eers ont­moet toe die hof­saak teen Jor­daan des­tyds be­gin het.

“Piet het my ver­tel hy het met Andrew in ’n kan­toor gaan sit en hom ’n si­ga­ret aan­ge­bied.

“Hul­le het saam ge­rook. Toe sê Andrew hy wil hom iets ver­tel en pak net daar uit.

“Ek dink Andrew het ’n soort hel­de­ver­e­ring vir Piet ge­had, dat hy hom pro­beer be­ïn­druk het deur al­les te ver­tel.”

Sy weet daar is men­se wat nie die­self­de lof vir By­le­veld het nie en dat daar on­langs nog “le­li­ke sto­ries” oor hom was.

“As ek aan hom dink, ont­hou ek ’n man wat al­tyd daar­op uit was om die waar­heid uit te kry op sy ma­nier. Daar­voor sal ek hom al­tyd dank­baar wees.”

“Die Byl” se kol­le­gas het gis­ter­mid­dag in ’n hul­de­blyk ge­sê hy was ’n man wat nie kon rus tot­dat ’n saak op­ge­los en suk­ses­vol deur die hof ver­volg is nie.

“Hy het al­tyd ’n uit­son­der­li­ke hoë suk­ses­sy­fer ge­hand­haaf in die erns­ti­ge en ge­weld­da­di­ge mis­daad­sa­ke wat hy on­der­soek het. Dit het hy toe­ge­skryf aan ein­de­lo­se ge­duld, as­ook ge­duld ty­dens die on­der­vra­ging van ver­dag­tes,” sê lt.genl. De­li­we de Lan­ge, Gau­teng­se pro­vin­si­a­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, in ’n ver­kla­ring.

Long­kan­ker is op 10 Maart by By­le­veld ge­di­ag­no­seer. Die kan­ker het na sy rug­string, by­nie­re en le­wer ver­sprei.

Han­lie Re­tief, joer­na­lis van Rap­port en skry­wer van die boek By­le­veld: Dos­sier van ’n baas­speur­der, het die laas­te on­der­houd met hom voor sy dood ge­voer.

“Hy het ge­sê hy sal nie son­der ’n fig­ht gaan nie . . . Hy het tot die ein­de toe ba­klei,” sê Re­tief.

Re­tief het die on­der­houd ver­le­de Dins­dag­mid­dag ge­voer kort voor­dat hy in die hos­pi­taal op­ge­neem is. By­le­veld het vol­gens haar “su­per­ster­sta­tus” be­haal ná sy suk­ses in die moord­saak van Leigh Mat­thews. By­le­veld het bin­ne drie maan­de Do­no­van Mood­ley in 2004 in heg­te­nis ge­neem weens dié moord.

“S­peur­werk was vir hom ’n roe­ping, nie net e­ni­ge werk nie.

“Hy het ge­reeld ge­sê hy wil die on­ge­wens­te uit die sa­me­le­wing haal. “Hy het by daar­die slag­spreuk ge­leef. Sy be­hoef­te was om men­se te dien.”

By­le­veld se fa­mi­lie het by mon­de van Zel­da la Gran­ge, Nel­son Man­de­la se ja­re lan­ge per­soon­li­ke as­sis­tent, ge­sê: “Vir Suid-A­fri­ka en die wê­reld was Piet die baas­speur­der. Vir ons was hy meer . . . hy was die bes­te man, pa, broer, ou­pa en vriend. Piet was om­ring deur sy naas­te fa­mi­lie toe hy heen­ge­gaan het,” lui die ver­kla­ring wat La Gran­ge uit­ge­reik het.

E­li­ze By­le­veld, Piet se twee­de vrou, het Maan­dag ge­sê baie van sy vrien­de en oud­kol­le­gas uit die B­rix­ton-moord-en-roof­een­heid het ver­le­de week en oor die na­week “uit hul pad ge­gaan om af­skeid van hom te neem ter­wyl hy nog by sy be­wus­syn was”.

By­le­veld het in 2010, ná ’n loop­baan van 38 jaar in die po­li­sie, uit­ge­tree.

Van die on­der­soe­ke waar­by die baas­speur­der be­trok­ke was, sluit in dié oor die reeks­moor­de­naars Ce­dric Maake en La­za­rus Ma­zin­ga­ne, die Nas­rec-moor­de­naar.

Hy en E­li­ze se pri­va­te speur­maat­skap­py het in 2016 ge­sluit.

E­li­ze Hu­man, ma van Sheldean Hu­man (regs). Fo­to links: THEANA BREUGEM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.