Om­stre­den­heid oor be­ta­lings, werk

Beeld - - Front Page -

Piet By­le­veld se le­we was nie son­der om­stre­den­heid nie.

Twee pri­va­te speur­ders het in Ok­to­ber ver­le­de jaar aan Rap­port ge­sê By­le­veld skuld hul­le elk­een R20 000 vir on­der­soek­werk wat hul­le vir hom ge­doen het.

Kli­ën­te vir wie By­le­veld die laas­te hoop was om die moor­de­naars van fa­mi­lie­le­de op te spoor, is ook ge­bro­ke.

“Na­dat ons hom be­taal het, het ons niks weer van Piet ge­hoor nie,” het Lin­da Lums­da­le, die ma van Da­ni­ël­le Lums­da­le (25), wat in Ok­to­ber 2009 dood op ’n klein­hoe­we in Mul­ders­drift ge­vind is, aan Rap

port ge­sê. By­le­veld het ’n kan­toor in ’n win­kel­sen­trum in Ruim­sig, Roo­de­poort, ge­huur. Vol­gens ’n bron by die sen­trum het hul­le net op ’n dag ge­sien By­le­veld is weg.

“Daar was geen ken­nis­ge­wing of e­nig­iets nie.”

By­le­veld het aan die be­gin van die jaar aan Rap­port ge­sê hy gaan si­vie­le ei­se in­stel teen men­se wat on­waar­he­de oor hom ver­sprei.

“Ek het my werk ge­doen. Ek het die lang ure in­ge­sit. Men­se dink om ’n saak op te los ge­beur in ’n kort tyd. Hul­le be­sef nie dit is ’n baie lang pro­ses nie, ver­al as die moor­de lank te­rug ge­beur het,” het By­le­veld ge­sê.

Fo­to: DA­WID ROUX

Piet By­le­veld (67) en sy twee­de vrou, E­li­ze, in 2011.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.