‘Ons moet boe­re, wer­kers be­skerm’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop News24

Die ANC en die DA stem saam: Plaas­moor­de moet stop.

Sen­ze­ni Zokwa­na, mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, het gis­ter vir ’n oom­blik van stil­te ge­vra voor sy be­gro­tings­re­de in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring.

“Ons met boe­re en plaas­wer­kers be­skerm,” het Zokwa­na ge­sê.

“Hoor! Hoor!” het dit uit die DA­ban­ke op­ge­klink.

An­net­te S­teyn, DA-LP, het ge­vra dat plaas­aan­val­le as pri­o­ri­teits­mis­daad ge­klas­si­fi­seer moet word, aan­ge­sien dit meer hulp­bron­ne vir die po­li­sie be­skik­baar sal stel.

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald, VF Plus­lei­er, het Zokwa­na vir sy mi­nuut van stil­te be­dank. Hy het ge­sê dit is drog­re­de dat swart boe­re on­be­kwaam is en al­le wit boe­re ras­sis­te is wat hul plaas­wer­kers mis­han­del. “Land­bou­be­slui­te moet op grond van koue fei­te ge­maak word,” het hy ge­sê.

Zokwa­na se ad­junk, B­he­ki Ce­le, het ge­sê die land het jong swart boe­re no­dig. “Die ge­mid­del­de ou­der­dom van boe­re is 60 en hul­le is waar­skyn­lik wit A­fri­ka­ner­mans.”

Dr. Pie­ter Mul­der, VF Plus-LP, het ge­sê die mees­te Suid-A­fri­ka­ners wil nie plaas­grond hê nie, maar na die ste­de gaan, ’n sel­foon en BMW be­sit en in ’n mo­der­ne e­ko­no­mie werk.

“Kom ons help hul­le deur vir hul­le ei­e­naar­skap van hui­se te gee en ’n stuk grond in die stad soos dit in al­le mo­der­ne e­ko­no­mieë ge­beur, ter­wyl wit en swart kom­mer­si­ë­le boe­re vir ons kos pro­du­seer.”

Zokwa­na het in sy re­pliek ge­sê dit is nie waar dat al­le jong swart men­se nie by die land­bou­be­dryf be­trok­ke wil wees nie. “Ek kan jou ver­se­ker ek was by baie kol­le­ges en het jong swart men­se ge­sien wat sê hul­le wil boe­re wees.”

S­teyn het die re­ge­ring daar­van be­skul­dig dat sy re­ak­sie op die droog­te sta­dig, spo­ra­dies en swak ge­tei­ken was, ter­wyl daar ook kom­mer is oor kor­rup­sie en die wan­be­stuur van geld.

Zokwa­na het ge­sê ramp­be­stuur bly kri­tiek in die land­bou­be­dryf ná die ver­woes­ten­de droog­te wat voed­sel­se­ker­heid be­dreig het. Suid-A­fri­ka is hoogs kwes­baar vir die im­pak van kli­maats­ver­an­de­ring.

Die de­par­te­ment is be­sig om ’n kli­maat­slim raam­werk vir die land­bou te ont­wik­kel.

’n Plan vir kli­maats­aan­pas­sing en -ver­lig­ting sal ook in dié boek­jaar ge­fi­na­li­seer word.

Hy het sy sa­me­wer­king en on­der­steu­ning aan die droog­te­ge­teis­ter­de Wes-Kaap be­lo­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.