‘Met so min geld kan SA nie ge­weld pak’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Hoe kan Suid-A­fri­ka ver­wag om daad­werk­lik ’n ver­skil in die stryd teen ge­weld teen vroue en kin­ders te maak as die jaar­lik­se be­gro­ting van ’n he­le de­par­te­ment wat dit moet han­teer min­der is as wat aan pres. Ja­cob Zu­ma se pri­va­te wo­ning by N­kand­la be­stee is?

Dis wat Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe-lei­er, gis­ter in die par­le­ment wou weet toe Su­san S­ha­ban­gu, mi­nis­ter van vroue in die pre­si­den­sie, haar be­gro­ting vir die 2017-’18-boek­jaar ter ta­fel ge­lê het.

Dit be­loop R206 mil­joen. So­wat R246 mil­joen van be­las­ting­be­ta­lers se geld is aan vei­lig­heids­ver­be­te­rings by N­kand­la be­stee.

Le­ko­ta het ge­sê: “Hoe kan daar van ons as wet­ge­wers ver­wag word om hier­die uit­da­ging te ta­kel as so min geld vir hier­die doel toe­ge­ken word?”

Vol­gens hom word die meer­der­heid van die de­par­te­ment se be­gro­ting aan ad­mi­nis­tra­sie en sa­la­ris­se van per­so­neel be­stee, ter­wyl net so­wat R16,6 mil­joen aan gen­der­ver­wan­te kwes­sies, wat die stryd teen ge­weld teen vroue en kin­ders in­sluit, be­stee word.

Le­ko­ta het ge­sê LP’s moet ver­soek dat die de­par­te­ment se be­gro­ting dras­ties ver­groot word.

S­ha­ban­gu het ge­sê Suid-A­fri­ka is tans in rou ge­dom­pel weens die vlaag van moor­de op vroue en kin­ders.

“Hier­die wreed­heid is van die hoog­ste vorms van ver­raad teen vroue en kin­ders wat deur mans ver­moor word – mans wat dik­wels hul pa’s, hu­we­liks­maats en ooms is wat ver­on­der­stel is om lief vir hul­le te wees.”

S­ha­ban­gu het ge­sê die sa­me­le­wing moet daar­om ver­e­nig in die stryd teen gen­der­ge­ba­seer­de ge­weld.

Lie­zl van der Mer­we, IVP-LP, het, ge­sê die de­par­te­ment kort die drin­gen­de po­li­tie­ke wil om werk­lik ’n ver­skil in die stryd teen ge­weld teen vroue en kin­ders te kan maak.

“Ons het te­vo­re ook hier ge­staan en ons me­de­lye uit­ge­spreek met slag­of­fers soos A­ne­ne Booy­sen, Khwe­zi en Ree­va S­teen­kamp, maar ons praat net oor kwes­sies wat vroue raak.

“Ons tree op as­of daar geen kri­sis is nie. Vroue en kin­ders word eg­ter deur ’n oor­log in hul hui­se in die ge­sig ge­staar. Ons het geen tas­ba­re ver­skil ge­maak om vroue te be­mag­tig nie. Ons moet eer­lik met ons­self wees dat ons as lei­ers en die re­ge­ring nie ge­noeg ge­doen het nie,” het Van der Mer­we ge­sê.

Su­san S­ha­ban­gu, mi­nis­ter van vroue in die pre­si­den­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.