Kie­sers kan self a­dres op kie­sers­lys ver­an­der

Beeld - - Nuus - – Sa­rel van der Walt

Ge­re­gis­treer­de kie­sers sal in die toe­koms self hul a­dres op die O­n­af­hank­li­ke Ver­kie­sings­kom­mis­sie (OVK) se web­werf kan ver­an­der.

In die eer­ste fa­se sal die so­wat drie mil­joen ge­re­gis­treer­de kie­sers wie se a­dres nie op die kie­sers­lys is nie dit kan aan­bring. Die kom­mis­sie stuur SMS’e aan dié kie­sers.

Die plan is om dit, moont­lik van Au­gus­tus af, vir al­le ge­re­gis­treer­de kie­sers moont­lik te maak om hul a­dres op die kom­mis­sie se web­werf na te gaan en dit op da­tum te bring.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het die kom­mis­sie tot Ju­nie vol­gen­de jaar ge­gee om ge­bre­ke in die kie­sers­lys – en ver­al pro­ble­me met ont­bre­ken­de a­dres­se – reg te stel.

Tot dus­ver moes kie­sers na die naas­te kan­toor van die kom­mis­sie gaan om hul a­dres te ver­an­der.

Die kom­mis­sie sê in ’n ver­kla­ring daar was in Maart ver­le­de jaar so­wat 7,85 mil­joen kie­sers wie se a­dres nie op die kie­sers­lys was nie. Dit is 32% van die 26 mil­joen ge­re­gis­treer­de kie­sers. Nog 8,6 mil­joen kie­sers (34%) se a­dres was on­vol­le­dig.

Die OVK se web­a­dres is www.e­lecti­ons.org.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.