Na­sa se groot­ste sal tot in Oer­knal te­rug­kyk

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die groot­ste, bes­te ruim­te­te­le­skoop tot nog toe on­der­gaan die laas­te toet­se voor­dat dit in Ok­to­ber 2018 so­wat 1,5 mil­joen km die ruim­te in­ge­stuur sal word.

Na­sa se Ja­mes Webb­ruim­te­te­le­skoop het on­langs by die John­son-ruim­te­sen­trum in Hou­ston in die A­me­ri­kaan­se deel­staat Tex­as aan­ge­kom vir die laas­te toet­se.

Hy sal 100 keer so sen­si­tief soos die Hub­ble-ruim­te­te­le­skoop wees.

Dié werk­e­sel wen­tel so­wat 600 km bo die aar­de, waar die Ja­mes Webb op 1,5 mil­joen km in ’n wen­tel­baan ge­plaas sal word.

Ui­ter­aard sal die Ja­mes Webb nooit ver­sien kan word nie.

Die pri­mê­re spie­ël daar­van sal so­wat se­we keer so­veel lig as die Hub­ble kan ont­vang en sy re­so­lu­sie is baie be­ter. Die spie­ël het 18 seg­men­te wat ja­re ge­neem het om te ver­vaar­dig.

Een van die in­stru­men­te aan boord maak dit moont­lik dat die te­le­skoop ge­lyk­ty­dig na 100 voor­wer­pe kan kyk.

Na­vor­sing sal ses maan­de ná lan­se­ring be­gin.

Die doel­wit vir die vol­gen­de tien jaar vol­gens die Ja­mes Webb-te­le­skoop se web­werf is om el­ke fa­se van die kos­mie­se ge­skie­de­nis te on­der­soek – van die eer­ste lig ná die Oer­knal tot die vor­ming van ster­re en ster­re­stel­sels, pla­ne­te en son­ne­stel­sels.

Die te­le­skoop, met sy in­fra­rooi vi­sie, is sterk ge­noeg om 13,5 mil­jard jaar ge­le­de te­rug te kyk toe die eer­ste ster­re uit die don­ker­te van die vroeë heel­al ge­vorm het. Die dow­we eer­ste ster­re­stel­sels sal met van­dag se reu­se­s­pi­raal­ster­re­stel­sels ver­ge­lyk kan word om te sien hoe dit oor hon­derd­mil­joe­ne jaar ge­vorm het.

Die at­mos­feer van an­der pla­ne­te bui­te die son­ne­stel­sel sal ook be­kyk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.