Beeld be­gin van­dag groot pry­se weg­gee

Beeld - - Nuus -

Beeld se groot Prysbonanza be­gin van­dag.

Tot 22 Ju­nie gee ons 26 va­kan­sies, tien­tal­le In­ni­bos-fees­kaart­jies en R96 000 kontant weg.

Die to­ta­le waarde van die pry­se is R400 000. Neem so deel: Ons steek el­ke dag ’n sleu­tel­woord in die koe­rant weg. Om ’n kans te hê om ’n prys te wen, SMS die sleu­tel­woord, jou naam en van, as­ook waar jy woon na 35986.

El­ke SMS kos R1,50 en die SMS-lyn sluit daag­liks 00:00.

Lees die be­pa­lings en voor­waar­des op Beeld se Facebook-blad. Dít kan jy van­dag wen: ) ’n Vakansie van Son­dag tot Don­der­dag vir vier men­se by die ATKV-oord van jou keu­se. Ont­byt is in­ge­sluit. Die prys is R5 624 werd. ) Vyf dub­bel­kaart­jies na die Oes­fees, wat op 27 en 28 Mei by die Le­ri­ba Ho­tel in Cen­tu­ri­on plaas­vind. ’n Wyn­proe is in­ge­sluit. Die waarde per kaart­jie is R150. ) Een prys van R2 000 kontant en twee pry­se van R1 000 kontant, ge­borg deur Beeld. ATKV ’n Kui­er by een van dié be­stem­mings kan jou­ne wees: Buf­fels­poort, ’n klip­gooi van Sun Ci­ty af; Dra­kens­vil­le; na­by die voet­heu­wels van die Dra­kens­berg-am­fi­te­a­ter, ’n Wê­reld­er­fe­nis­ge­bied; die Ei­land-Spa aan die sui­de­li­ke oe­wer van die Le­ta­ba­ri­vier en slegs 68 km oos van T­za­neen in Lim­po­po; die Gou­di­ni Spa, in die hart­jie van die Bo­land­se ber­ge, met he­len­de mi­ne­raal­bad­dens; ATKV-Har­ten­bos (fo­to), aan die Tuin­roe­te tus­sen Kaap­stad en Port E­li­za­beth, so­wat 8 km van Mos­sel­baai en 40 km van die George-lug­ha­we; K­lein-Ka­ri­ba, net bui­te Be­la-Be­la in een van die Wa­ter­berg se mooi­ste klo­we; of Na­ta­lia, 40 km suid van Dur­ban met sy sil­wer­wit see­sand en blink­blou wa­ter.

Oes­fees by die Le­ri­ba Ho­tel in Cen­tu­ri­on

Kom ge­niet ’n ku­li­nê­re reis met be­kroon­de wy­ne, uit­ge­soek­te ka­se, o­ly­we en kruie. Koop wyn van meer as 90 van die voor­ste wyn­kel­ders in Suid-A­fri­ka teen kel­der­pry­se.

Die Oes­fees vind op 27 en 28 Mei plaas.

Die ATKV se oord by Har­ten­bos.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.