Ge­beu­re ‘hoogs on­waar­skyn­lik’

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Hen­ri van B­re­da se weer­ga­we van hoe hy sy be­se­rings op­ge­doen het toe sy ou­ers en broer met ’n byl dood­ge­kap is, is hoogs on­waar­skyn­lik, vol­gens ’n pro­fes­sor in fo­ren­sie­se pa­to­lo­gie.

Hy het ge­leer om nooit “nooit” te sê nie, maar in dié ge­val is die weer­ga­we van ge­beu­re hoogs on­waar­skyn­lik, het prof. Jo­han Dem­pers, hoof van die de­par­te­ment van fo­ren­sie­se pa­to­lo­gie van die Ty­ger­berg-hos­pi­taal, gis­ter ge­tuig.

Van B­re­da staan in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad te­reg op aan­klag van moord op sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en sy broer, Ru­di, en van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

Lui­dens Van B­re­da se pleit- ver­dui­de­li­king het ie­mand sy ge­sin met ’n byl aan­ge­val en hom met ’n mes ge­steek.

Hy en die aan­val­ler het me­kaar “ge­stamp en ge­stoot” toe hy die byl pro­beer af­neem het, voer hy aan.

Hy het daar­in ge­slaag, maar toe het die aan­val­ler ’n mes uit­ge­haal en hom daar­mee ge­sny en in sy lin­ker­sy ge­steek.

Adv. Pie­ter Bo­tha, vir Van B­re­da, het in die hof ge­de­mon­streer hoe sy kli­ënt en die aan­val­ler ge­stoei het.

Hier­vol­gens het Van B­re­da die byl af­ge­vat en in sy reg­ter­hand vas­ge­hou ter­wyl hy met sy lin­ker­hand die aan­val­ler se reg­ter­hand, waar­in die mes was, pro­beer keer het.

Dit was in dié sta­di­um dat die aan­val­ler die krap­mer­ke aan Van B­re­da se arm ge­maak het, het hy aan­ge­voer.

Van B­re­da het ook pro­beer om die aan­val­ler op sy lin­ker­skou­er met die byl te slaan.

Dit was on­suk­ses­vol en die aan­val­ler het hom toe in sy lin­ker­sy ge­steek en ge­vlug. Die mes het vol­gens Van B­re­da in sy maag vas­ge­sit en hy het dit uit sy lyf ge­trek.

Dem­pers het ge­tuig hy het ’n stuk vark­vleis ge­bruik om te be­paal of die mes sou kon vas­sit. Die mes het ’n “kort tyd­jie vas­ge­sit en toe self uit­ge­val”.

Hy glo ook die won­de is self toe­ge­dien. Hy het ver­skeie re­des vir sy slot­som ge­gee.

Eer­stens ver­skil Van B­re­da se won­de heel­te­mal van dié wat die res van die ge­sin op­ge­doen het. Hy het lig­te sny­won­de en een steek­wond en die drie ge­sins­le­de is met ’n byl dood­ge­kap. Bo­tha het aan Dem­pers ge­sê dit was nooit sy kli­ënt se ver­weer dat hy met die byl aan­ge­val is nie, net met ’n mes.

Dem­pers het ook ge­sê Van B­re­da se won­de is “per­fek pa­ral­lel” en stem baie oor­een. Dit is nie wat ’n mens sou ver­wag van won­de wat in ’n ba­klei­e­ry op­ge­doen is nie.

“Ek pro­beer lo­gies na die sce­na­rio kyk waar al­les in se­kon­des ge­beur het en teen die ag­ter­grond dat die res van die ge­sin aan­sien­li­ke kop­won­de ge­had het. Die aan­val­ler ba­klei an­ders met Hen­ri en maak pre­sie­se sny­won­de. Ek is ge­leer om nooit ‘nooit’ te sê nie, maar in hier­die saak is sy weer­ga­we hoogs on­waar­skyn­lik.”

Die ver­hoor duur van­dag voort.

Fo­to: JA­CO MARAIS

Hen­ri van B­re­da in die hof in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.