Mo­del­baas wil nou ap­pèl aan­te­ken

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die mo­del­baas wat vroe­ër van­jaar skul­dig be­vind is aan on­der meer ver­krag­ting het ’n nu­we regs­ver­teen­woor­di­ger en hul­le het nou al aan­ge­dui hul­le gaan ap­pel­leer.

Da­wie de Vil­liers (37) is in Fe­bru­a­rie in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg skul­dig be­vind op 26 aan­klag­te, waar­on­der ver­krag­ting, die bloot­stel­ling van ’n kind aan por­no­gra­fie, sek­su­e­le aan­ran­ding en sek­su­e­le aan­voor­werk, die be­sit van kin­der­por­no­gra­fie en be­drog.

Adv. Ri­aan G­rey­ling van die Regs­hul­praad het gis­ter ge­sê hy wil tran­skrip­sies van die ver­rig­tin­ge hê so­dat hy sy kli­ënt “be­hoor­lik” kan ver­teen­woor­dig en wan­neer sy kli­ënt teen sy skul­dig­be­vin- ding ap­pel­leer.

Adv. Ar­veena Per­sad, staats­aan­kla­er, het ge­sê dié ver­soek is ’n teg­niek om sy aan­hou­ding te pro­beer uit­stel.

De Vil­liers se borg­tog is se­dert sy skul­dig­be­vin­ding ver­leng om­dat hy aan­ge­voer het hy het nie ge­noeg geld om te be­taal vir ’n ver­slag wat moont­lik ’n im­pak op sy von­nis­op­leg­ging kan hê nie.

Per­sad het ge­vra dat De Vil­liers se borg­tog te­rug­ge­trek word om­dat hy al aan “di­ver­se klag­te” skul­dig be­vind is. Per­sad het in­ge­stem om die ver­de­di­ging se tran­skrip­sies met haar no­tas aan te vul. Sy het vroe­ër ge­sê sy slag­of­fers was meest­al min­der­ja­ri­ge mei­sies wie se mo­del­loop­baan hy be­stuur het.

Die saak her­vat van­dag.

Fo­to: JE­A­NEL­LE G­REY­LING

Da­wie de Vil­liers bui­te die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.