Pa­rys­moord­saak ver­traag; staat wil borg te­rug­ge­trek hê

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die moord­ver­hoor van ses mans in die rond­gaan­de hof in Pa­rys het gis­ter weer tot stil­stand ge­kom om­dat die staat se aan­soek dat een van die be­skul­dig­des se borg­tog te­rug­ge­trek word nog nie aan­ge­hoor kon word nie.

Die moord­ver­hoor is Dins­dag­og­gend on­ver­wags on­der­breek toe be­weer is dat An­ton Log­gen­berg (50) ge­sê het hy gaan van die staats­ge­tui­es dood­maak.

Die staat wil sy borg­tog daar­om te­rug­ge­trek hê.

Log­gen­berg het die uit­la­ting glo Sa­ter­dag­aand in ’n sel­foon­ge­sprek met Ok­kie van Zyl, sy ven­noot in ’n bees­boer­de­ry, ge­maak. Van Zyl het reeds vir die staat in die saak ge­tuig.

Land­dros Gus­tav Prins­loo het Dins­dag ge­sê hy kan nie die staat se aan­soek aan­hoor nie om­dat daar reeds in 2016 be­swaar aan­ge­te­ken is toe hy van die be­skul­dig­des se borg­to­gaan­soe­ke moes aan­hoor.

’n Land­dros sal van­og­gend in Pa­rys wees om die staat se aan­soek aan te hoor.

Die moord­ver­hoor voor reg­ter Cor­né van Zyl is ook tot van­dag uit­ge­stel han- gen­de die staat se aan­soek.

Die an­der be­skul­dig­des is Log­gen­berg se seun, Cor (20), Boe­ta van der West­hui­zen (47) en sy seun, Loe­die (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), en kapt. Henk Prins­loo (47).

Hul­le word be­skul­dig van die moord op Simon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28), wat op 7 Ja­nu­a­rie 2016 weens brein­be­se­rings dood is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.