Broer vas, sou glo ook aan­val

B­rit­te vies ná VSA naam ver­kon­dig

Beeld - - Wêreld-­beeld - – Reu­ters

Sal­man A­be­di (22), die Man­ches­ter-self­moord­bom­aan­val­ler, was deel van ’n gro­ter net­werk en het ’n paar dae voor Maan­dag­aand se aan­val uit Li­bië te­rug­ge­keer.

In­tus­sen is Hashim A­be­di, Sal­man se broer, Dins­dag in T­ri­po­li in heg­te­nis ge­neem weens ver­meen­de ban­de met die ter­reur­groep Isis. Hul pa, Ra­ma­dan A­be­di, is ook in die Li­bie­se hoof­stad in heg­te­nis ge­neem.

22 men­se is dood toe Sal­man A­be­di Maan­dag­aand ’n bom bui­te die Man­ches­ter-a­re­na laat ont­plof het. Gis­ter is die naam van nog ’n slag­of­fer, Nell Jo­nes (14), be­kend ge­maak.

Hashim A­be­di (20) het blyk­baar ’n ter­reur­aan­val in Li­bië be­plan toe hy in heg­te­nis ge- neem is. Be­ne­wens Li­bië, het hy Si­rië waar­skyn­lik ook be­soek, het B­rit­se on­der­soe­kers vol­gens Gérard Col­lomb, Fran­se mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, aan die Fran­se o­wer­heid ge­sê.

A­be­di se fa­mi­lie het die twee broers blyk­baar so­wat ’n maand ge­le­de Li­bië toe ge­neem na­dat hul­le in die moei­lik­heid in B­rit­tan­je be­land het.

Die broers wou blyk­baar wraak neem na­dat ’n vriend deur ’n ben­de dood­ge­maak is.

Ra­ma­dan het hul pas­poor­te weg­ge­vat, maar Sal­man s’n te­rug­ge­gee toe hy ge­sê het hy wil op ’n pel­grims­tog na Sa­oe­diAra­bië gaan.

Sal­man het na B­rit­tan­je te­rug­ge­keer en drie dae la­ter die aan­val uit­ge­voer.

Am­ber Rudd, B­rit­se mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, sê Sal­man het waar­skyn­lik nie al­leen op­ge­tree nie en sol­da­te word op kern­pun­te oor B­rit­tan­je heen ont­plooi om nog aan­val­le te voor­kom na­dat die amp­te­li­ke vlak van be­drei­ging tot “kri­tiek” ver­hoog is.

Rudd het A­me­ri­kaan­se amp­te­na­re ge­kri­ti­seer om­dat hul­le be­son­der­he­de van die on­der­soek, in­slui­tend die aan­val­ler se naam, uit­ge­lap het voor­dat die o­wer­heid ge­reed was om dit be­kend te maak.

Die be­kend­ma­king van in­lig­ting word on­der meer ter wil­le van die ver­ras­sings­e­le­ment be­heer en dis “ir­ri­te­rend” as an­der bron­ne dit be­kend maak. “Ons het dit baie dui­de­lik ge­stel

Dit lyk waar­skyn­lik, moont­lik, dat hy (Sal­man A­be­di) dit nie op eie hout­jie ge­doen het nie. — B­RIT­SE MI­NIS­TER

dat dit nie weer moet ge­beur nie,” het sy op BBC-ra­dio ge­sê.

Van sy slag­of­fers was ’n agt­ja­ri­ge mei­sie en ver­skeie tie­ner­mei­sies.

“Dit lyk waar­skyn­lik, moont­lik, dat hy (Sal­man) dit nie op eie hout­jie ge­doen het nie,” het Rudd op BBC-ra­dio ge­sê.

Die on­der­soe­kers fo­kus op of Sal­man hulp ge­had het om die bom te maak en waar dit ge­doen is, sê ’n bron na aan die on­der­soek.

Die vei­lig­heids­diens dink die bom was te ge­vor­derd om net deur Sal­man ge­bou te word, be­rig die BBC.

Op ’n vraag aan Col­lomb of hy meen Sal­man het ’n on­der­steu­nings­net­werk ge­had, sê hy: “Mis­kien. Hy het in elk ge­val be­we­se ban­de met Isis ge­had.”

Die po­li­sie het gis­ter nog drie men­se in die sui­de van Man­ches­ter in heg­te­nis ge­neem in ver­band met die bom­aan­val, maar geen be­son­der­he­de van hul­le ver­skaf nie.

Die po­li­sie het ’n spoor­lyn in Man­ches­ter ’n ruk­kie ge­sluit om ’n woon­plek vei­lig deur te soek.

Rudd sê tot 3 800 sol­da­te kan in stra­te in die land ont­plooi word so­dat die po­li­sie kan fo­kus op pa­trol­lies en on­der­soek­werk. 984 sol­da­te is reeds in Lon­den en el­ders ont­plooi.

Sol­da­te is by die par­le­ment, p­re­mier T­he­re­sa May se amps­wo­ning in 10 Do­w­ning Street en by S­cot­land Yard, die po­li­sie­hoof­kan­toor, ge­sien.

Die af­los­sing van die wag by die Bucking­ham-pa­leis wat baie toe­ris­te lok, is gekanselleer om­dat po­li­sie­on­der­steu­ning daar­voor be­no­dig word en dit nie as ’n goeie ge­bruik van po­li­sie­bron­ne be­skou word te mid­de van die hoë be­drei­gings­vlak nie.

Ver­skeie pro­mi­nen­te sport­ge­beu­re in B­rit­tan­je lê voor, in­slui­tend die FA-be­ker-eind­stryd in die Wem­b­ley-sta­di­on in Lon­den, die eind­stryd van die En- gel­se rug­by­klub­kom­pe­ti­sie op T­wic­ken­ham en die eind­stryd in die Ue­fa-kam­pi­oe­ne­li­ga op 3 Ju­nie in die Mil­len­ni­um-sta­di­on in Car­diff.

’n Al­ge­me­ne ver­kie­sing word op 8 Ju­nie ge­hou.

Die na­me van die oor­le­de­nes sal ná lyk­skou­ings amp­te­lik be­kend ge­maak word. Dit kan vier tot vyf dae duur, sê die po­li­sie.

64 men­se is in die bom­aan­val be­seer en 20 word in ho­ë­sorg­een­he­de be­han­del vir trau­ma­tie­se be­se­rings aan or­ga­ne en le­de­ma­te, sê ’n amp­te­naar.

Die ont­ste­ker wat ver­moe­de­lik in Sal­man A­be­di se lin­ker­hand was.

Skroe­we en spy­kers is as skrap­nel in die bom ge­bruik.

Fo­to: AP

Sal­man A­be­di, die Man­ches­ter­bom­aan­val­ler.

Fo­to: AP

Hashim A­be­di, Sal­man se broer.

Fo­to: FACEBOOK

Nell Jo­nes (14)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.