Hof poot­jie Hlau­di weer

Beeld - - Nuus -

Hlau­di Mot­soe­neng se so­veel­ste hof­aan­soek het mis­luk en sy tug­ver­hoor kan nou voort­gaan. Reg­ter S­te­phan Coet­zee het die voor­ma­li­ge SAUK­be­dryfs­hoof se aan­soek om sy tug­ver­hoor te keer gis­ter in die ar­beids­hof in Jo­han­nes­burg met kos­te van die hand ge­wys. Mot­soe­neng wou ook hê dat adv. Na­zeem Cas­sim SC hom as voor­sit­ter van die tug­ko­mi­tee ont­trek. Cas­sim het gis­ter aan News24 ge­sê die ver­hoor sal vol­gen­de Vry­dag voort­gaan. Mot­soe­neng word daar­van be­skul­dig dat hy sy skor­sings­voor­waar­des oor­tree het met ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie waar­op hy die tus­sen­tyd­se raad van die SAUK be­las­ter het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.