1ste bur­ger as gy­se­laar aan­ge­hou

Be­to­gers brand mu­ni­si­pa­le ge­boue

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Be­to­gers in Lichtenburg het gis­ter mu­ni­si­pa­le ge­boue aan die brand ge­steek, die uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van die Dit­so­bot­la-mu­ni­si­pa­li­teit as gy­se­laar aan­ge­hou en ge­dreig om hul­self aan die brand te steek in­dien die po­li­sie hul­le na­der.

Da­niel But­he­le­zi, die ANC­bur­ge­mees­ter, was teen druk­tyd nog ’n ge­van­ge­ne van die groep van so­wat 40 be­to­gers.

’n Dik swart rook­wolk het bo die bran­den­de mu­ni­si­pa­le ge­boue ge­hang.

Die po­li­sie het ’n sterk teen­woor­dig­heid in die ge­bied ge­hand­haaf, maar kon weens die be­to­gers se drei­ge­ment om hul­self aan die brand te steek nie na­der kom nie.

Die be­to­ging, wat glo oor diens­le­we­ring gaan, het om­streeks 17:45 be­gin en gou hand­uit ge­ruk.

“Die mu­ni­si­pa­le ge­boue is steeds aan die brand,” het Ja­c­que­li­ne T­he­o­lo­go, ’n DA-lid van die Noord­wes-wet­ge­wer en in­wo­ner van die dorp, kort voor 20:00 ge­sê.

“Dit wil voor­kom as­of die brand hoof­saak­lik die raad­saal raak en nie die ad­mi­nis­tra­tie­we ge­boue nie, maar die si­tu­a­sie is baie on­aan­ge­naam en on­se­ker.

“Die mu­ni­si­pa­le brand­weer doen sy bes om die brand in be­dwang te bring. Die ge­meen­skap is won­der­lik en ver­skeie plaas­li­ke on­der­ne­mings het hul pri­va­te brand­be­stry­dings­toe­rus­ting en per­so­neel ge­stuur om te help.”

Die brand is wel om­streeks 21:00 ge­blus, het b­rig. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

Vol­gens T­he­o­lo­go was die si­tu­a­sie baie ge­span­ne en het die po­li­sie die ge­bied af­ge­sper.

“Ons ver­neem die be­to­ging gaan oor ’n lang lys van diens­le­we­rings­pro­ble­me by die mu­ni­si­pa­li­teit.

“Ek het nog nie die lys self on­der oë ge­had nie, maar as ’n in­wo­ner kan ek be­ves­tig dat ons baie pro­ble­me met by­voor­beeld sa­ni­ta­sie en wa­ter­ver­skaf­fing er­vaar.

“Be­to­gings teen diens­le­we­ring is niks nuuts in die mu­ni­si­pa­li­teit nie, maar on­ge­luk­kig lyk dit as­of die men­se hier­die keer sa­ke in hul eie han­de ge­neem het.”

Die mu­ni­si­pa­li­teit be­dien Co­li­gny ook.

T­he­o­lo­go sê die DA ver­oor­deel e­ni­ge vorm van ge­weld ten sterk­ste en doen ’n be­roep op die be­to­gers om da­de­lik e­ni­ge vorm van ge­weld of mis­daad te staak.

Sy het die po­li­sie vir hul be­mid­de­ling en han­te­ring van die si­tu­a­sie ge­loof en die hoop uit­ge­spreek dat hul­le die si­tu­a­sie “son­der e­ni­ge bloed­ver­gie­ting” in be­dwang sal kry.

“Ons het be­grip vir men­se wat moeg is vir mu­ni­si­pa­le wan­be­stuur en swak diens­le­we­ring, maar die gy­se­laar­si­tu­a­sie is pu­re wet­te­loos­heid en het geen plek in ’n de­mo­kra­tie­se sa­me­le­wing nie.

“Ve­ran­de­ring kan slegs by die stem­bus be­werk­stel­lig word.”

Mokg­wa­bo­ne het laat­aand be­ves­tig dat die po­li­sie steeds op die to­neel is en dat po­li­sie-on­der­han­de­laars met die be­to­gers praat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.