Tshwa­ne skort kon­trak van R35 m. op ná wenk van Ou­ta

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die Tshwa­ne-me­tro het ’n kon­trak van so­wat R35 mil­joen ty­de­lik op­ge­skort han­gen­de ’n on­der­soek na die gel­dig­heid daar­van.

Tshwa­ne het dié be­sluit ge­neem na­dat die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) hom in­ge­lig het oor moont­li­ke on­re­ël­ma­tig­he­de in die kon­trak.

Ou­ta het gis­ter in ’n ver­kla- ring ge­sê ’n fluit­jie­bla­ser het hom on­langs ge­kon­tak en ’n “aan­sien­li­ke hoe­veel­heid” in­lig­ting ver­skaf oor be­weer­de on­re­ël­ma­ti­ge ge­drag met ’n ten­der wat Tshwa­ne aan­vaar het. (Die naam van die maat­skap­py wie se kon­trak op­ge­skort is, is be­kend, maar hy kon nog nie vir kom­men­taar be­reik word nie.)

Tshwa­ne het die saak ver­der on­der­soek en die kon­trak voor- lo­pig op­ge­skort.

Die kon­trak van by­na R31 mil­joen is op 22 A­pril 2015 vir ’n tyd­perk van drie jaar met die maat­skap­py on­der­te­ken. Dit het nie die be­las­ting op toe­ge­voeg­de waarde van meer as R4 mil­joen in­ge­sluit nie.

Daar is in Ja­nu­a­rie 2013 be­gin met die be­plan­ning van die ten­der vir ’n pro­jek met ’n be­gro­ting van R8 mil­joen.

Dis nie dui­de­lik hoe­kom die kos­te tot R30 mil­joen ge­styg het nie, sê Ou­ta in sy ver­kla­ring.

In “laat 2014 of vroeg in 2015” het Tshwa­ne ’n bod­spe­si­fi­ka­sie­ko­mi­tee aan­ge­stel om die kon­trak­ver­eis­tes op te stel.

Die maat­skap­py het blyk­baar met die ko­mi­tee daar­oor saam­ge­werk, “wat op­sig­self on­re­ël­ma­tig is”.

Na­dat die ten­der­do­ku­men­te ge­reed was, was daar glo ’n ver­soek van die bod­spe­si­fi­ka­sie­ko­mi­tee dat die ten­der se ad­ver­teer­tyd­perk ver­kort word.

Vol­gens die fluit­jie­bla­ser is dit ge­doen om die an­der bie­ërs te be­na­deel – ook “on­re­ël­ma­tig”.

’n Se­ni­or amp­te­naar van Tshwa­ne (wie se naam ook be­kend is) het die ver­soek toe­ge­staan.

Ten­ders is in Fe­bru­a­rie 2015 ge­vra. Drie maat­skap­pye het ge­ten­der.

“In A­pril 2015 is die per­soon wat die ten­der ge­ï­ni­si­eer het en die voor­sit­ter van die bod­spe­si­fi­ka­sie­ko­mi­tee was, as voor­sit­ter van die e­va­lu­a­sie­ko­mi­tee aan­ge­stel.

“Dit word as hoogs on­re­ël­ma­tig be­stem­pel,” sê Ou­ta.

Die maat­skap­py aan wie die bod toe­ge­staan is, het glo ’n be­oor­de­ling van 100% op al die kri­te­ria ge­kry. ’n Se­ni­or amp­te­naar in Tshwa­ne se voor­sie­nings­ket­ting­be­stuur het sy kom­mer uit­ge­spreek oor die kri­te­ria wat ge­bruik is.

Die ten­ders was vir ’n kon­trak van tien maan­de, maar die kon­trak is uit­ein­de­lik vir ’n tyd­perk van drie jaar toe­ge­ken.

Dit is ook on­re­ël­ma­tig, sê Ou­ta.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.