‘OG­ver­slag wys ska­de wat ANC aan­rig’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) se ver­slag wys hoe groot die fi­nan­si­ë­le ska­de is wat die ANC aan mu­ni­si­pa­li­tei­te land­wyd aan­rig.

Ke­vin Mi­le­ham, die DA se woord­voer­der oor sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, sê Ki­mi Mak­we­tu, OG, het van­dees­week ge­sê mu­ni­si­pa­le o­wer­he­de het in die 2015-’16-boek­jaar so­wat R17 mil­jard on­re­ël­ma­tig be­stee.

Dit is R5 mil­jard meer as in die vo­ri­ge boek­jaar.

Hy het ook be­vind mu­ni­si­pa­li­tei­te het ver­suim om ken­nis te neem van 40% van hul eie on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes.

Mu­ni­si­pa­li­tei­te in Noord­wes was ver­ant­woor­de­lik vir 15% van al die on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes.

Die O.R. Tam­bo-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit in Mt­ha­tha het R1,56 mil­jard on­re­ël­ma­tig be­stee, die mees­te van al die mu­ni­si­pa­li­tei­te.

Meer as die helf­te van die on­ge­mag­tig­de, on­re­ël­ma­ti­ge, vrug­te­lo­se en ver­kwis­te uit­ga­wes is nie on­der­soek nie.

Mi­le­ham sê die ANC is weens “dief­stal en plun­de­ring” reg­streeks ver­ant­woor­de­lik vir die ver­lam­ming van mu­ni­si­pa­li­tei­te. Dit is dui­de­lik dat die ANC voort­gaan om ei­e­be­lang bo o­pen­ba­re be­lang te stel.

“Dit is geld wat ge­bruik moes word om ba­sie­se diens­te te le­wer.”

Mi­le­ham het by na­vraag ge­sê die OG se ver­slag is nog nie ge­pu­bli­seer nie.

Die OG se kan­toor het nog nie op ’n na­vraag ge­re­a­geer nie. ) Mak­we­tu het in No­vem­ber ver­le­de jaar ge­sê daar was in die vo­ri­ge vyf jaar ’n “be­moe­di­gen­de ver­be­te­ring” in mu­ni­si­pa­le ou­dits. Die ge­tal mu­ni­si­pa­li­tei­te wat ’n skoon ou­dit ge­kry het, het van 13 in die 2010-’11boek­jaar tot 54 ge­styg.

Fo­to: FAISAL MAR­TIN

Ke­vin Mi­le­ham

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.