Wa­ter­hi­a­sin­te neem oor

Versmoor le­we en breek pom­pe, py­pe

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die le­we in riviere, mere en damme in Sui­der-A­fri­ka word toe­ne­mend deur wa­ter­hi­a­sin­te versmoor.

Dié in­drin­ger, wat in­heems is aan die A­ma­so­ne, het ’n ver­nie­ti­gen­de in­vloed op die wa­ter­ge­hal­te van wa­ter­bron­ne in Sui­der-A­fri­ka.

So het af­ge­vaar­dig­des van die Sui­der-A­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap (SAOG) Dins­dag op ’n be­raad in Van­der­bijl­park ge­sê oor die be­stuur van ri­vier­kom­me wat deur ver­skil­len­de lan­de ge­deel word.

Lui­dens ’n ge­sa­ment­li­ke ver­kla­ring is lei­ers in die wa­ter-, e­ner­gie- en land­bou­sek­tor in die SAOG dit eens dat ny­wer­heids­ont­wik­ke­ling in die ge­bied moet ver­snel. Dit is wel aan die be­skik­baar­heid van wa­ter ge­kop­pel.

“E­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling kan nie son­der ge­noeg wa­ter van ’n goeie ge­hal­te plaas­vind nie. Daar­om is die SAOG on­der meer baie be­kom­merd oor hi­a­sin­te wat die streek se wa­ter­bron­ne (die Vic­to­ria- en Ka­ri­ba­meer, as­ook die Hart­bees­poort­dam) be­smet, in­fra­struk­tuur laat ver­stop en pom­pe en py­pe laat breek.

“Be­ne­wens die hi­a­sin­te, word die streek se wa­ter ook deur die ver­vaar­di­ging­sek­tor, myn­bou, die ver­voer- en bou­be­dryf, che­mi­ka­lieë wat in die land­bou ge­bruik word en stuk­ken­de ri­ool- in­fra­struk­tuur be­soe­del.

“Hoe­wel heel­wat re­ën in Sui­der-A­fri­ka val, is dit wis­sel­val- lig, sei­soe­naal en die ver­sprei­ding daar­van is nie e­we­re­dig nie. Boon­op ding huis­hou­dings, die land­bou­sek­tor en ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings om die be­perk­te wa­ter­bron­ne in die streek mee.”

Vol­gens die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) is 1,8 mil­jard men­se in die wê­reld ge­nood­saak om daag­liks wa­ter te drink wat met ri­ool­af­val be­soe­del is, lui die ver­kla­ring.

Die SAOG waar­sku dat wis­sel­val­li­ge re­ën­val­pa­tro­ne in die streek, as­ook wa­ter­be­soe­de­ling, voed­sel­se­ker­heid kan be­gin be­dreig.

Be­soe­del­de wa­ter is ver­nie­ti­gend vir ont­wik­ke­len­de lan­de. Dit lei nie net tot siek­tes nie, maar ver­laag ook land­bou­pro­duk­sie, wat be­te­ken kos moet in­ge­voer word. Dit skaad ook die toe­ris­me­be­dryf.

Lei­ers van die wa­ter­sek­tor in die SAOG gaan hul­le in die vol­gen­de drie jaar toe­spits op: ) Die ver­be­ter­de be­stuur van riviere se wa­ter­ge­hal­te; ) Die ge­hal­te van en hoe­veel­heid wa­ter wat deur die e­ko­lo­gie be­no­dig word; ) Die ver­kry­ging van ’n be­ter be­grip oor die in­ter­ak­sie tus­sen see- en ri­vier­wa­ter; ) Die ver­wy­de­ring van uit­heem­se a­kwa­tie­se in­drin­gers; ) Die be­sker­ming van sen­si­tie­we e­ko­stel­sels; en ) Die mo­ni­te­ring van se­di­ment in riviere en damme.

Die be­sker­ming van die streek se wa­ter­bron­ne is nood­saak­lik as daar in ag ge­neem word dat 60% meer kos en 80% meer e­ner­gie oor 30 jaar ver­vaar­dig sal moet word om in die be­hoef­tes van die groei­en­de be­vol­king in die streek te voor­sien.

“As die SAOG sy men­se wil kos gee, wil in­dus­tri­a­li­seer en e­ko­no­mies wil ont­wik­kel, moet die in­ge­wik­kel­de ket­ting van wa­ter, e­ner­gie en kos voort­aan as ’n en­ke­le en­ti­teit ge­sien word,” lui die ver­kla­ring.

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

Seil­jag­te in Maart op die hi­a­sint­oor­trek­te Hart­bees­poort­dam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.