‘Ostal­gie’ le­we in Suid­A­fri­ka

Beeld - - Kommertaar - A­li­da Kok A­li­da Kok is ’n do­sent in po­li­tie­ke we­ten­skap aan U­ni­sa.

Ek en vrien­de dryf graag die spot met wat ons die “a­part­heids­fil­ter” in fo­to’s en vi­deo’s noem. Kyk na die a­koes­tie­se weer­ga­we van “He­mel op die plat­te­land” op YouTu­be deur die groep Fo­kof­po­li­sie­kar, dan sien jy daar­die ein­ste a­part­heids­fil­ter. Ons is lief daar­voor om ons fo­to’s op Instagram met vuil­geel­bruin, grys of dow­we fo­to­fil­ters te wy­sig om dit te laat lyk as­of dit in die 1970’s of 1980’s ge­neem is.

Hier­die fo­to­fil­ters her­in­ner my aan die vier­kan­ti­ge fo­to van my pa wat as tie­ner kaal­bo­lyf in die son krie­ket speel in ons tuin. Die fo­to het die oom­blik ge­vries net na­dat die bal die kolf ge­tref het: Hy hou die kolf in die lug vas en die bal is reeds bui­te die raam van die fo­to. Of my ou­ma in haar 30’s by ’n kerk­ge­leent­heid – in ’n bruin, vier­kan­ti­ge fo­to – waar sy styl­vol in ’n dik pels­jas langs an­der vrou­e­diens­le­de staan met ’n bak­kie groen­te­sop in haar han­de. Of my ou­ers, uit­ge­vat, wat ge­reed staan vir ’n fo­to net voor­dat hul­le by die voor­deur uit­loop na my ma se ma­triek­af­skeid.

’n Deel van wit, A­fri­kaans­spre­ken­de po­pu­lê­re kul­tuur – en die vol­ge­lin­ge van daar­die kul­tuur, my­self in­kluis – het “Ostal­gie”. Ek leen die woord by die Duit­sers om ’n er­va­ring hier wat soort­ge­lyk is aan ’n Duit­se er­va­ring te ver­dui­de­lik. Ostal­gie is ’n kom­bi­na­sie van die woor­de “Ost” (oos) en “Nos­tal­gie” en ver­wys na ’n hun­ke­ring wat on­der voor­ma­li­ge Oos-Duit­sers be­staan na as­pek­te van die le­we in Oos-Duits­land. In ons ge­val hun­ker ons na­tuur­lik na as­pek­te van die le­we in a­part­heid-Suid-A­fri­ka.

Oos-Duits­land en a­part­heid-SuidA­fri­ka is al­bei po­li­tie­ke stel­sels waar­na ’n ra­si­o­ne­le mens nie ver­on­der­stel is om te­rug te hun­ker nie. Ein­de­lo­se men­se­reg­te­ver­gry­pe het in hier­die stel­sels plaas­ge­vind.

Ek is nie se­ker wat die mo­ti­ve­ring vir die hun­ke­ring is nie, maar wat ek wel weet, is dat daar ’n ro­man­se op­ge­sluit lê in fa­mi­lie­beel­de van die ver­le­de waar­na ons ver­lang.

Ná die aan­stel­ling van die Marx­is­tie­se e­ko­noom prof. Chris Ma­li­ka­ne as ’n ad­vi­seur van die mi­nis­ter van fi­nan­sies, en die toe­na­me in die ge­bruik van die term “ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie” het die woord “Marx­is­me” weer meer lug­tyd in ons po­li­tiek en me­dia be­gin kry.

Ver­le­de week by ’n boek­be­kend­stel­ling oor ste­de­li­ke op­stan­de in die glo­ba­le sui­de by die U­ni­ver­si­teit van Jo- han­nes­burg hoor ek toe hoe ’n ge­meen­skaps­lei­er sê: “Ons is dank­baar vir Marx­is­me as ’n te­o­rie. Dit het ons ge­help om die vy­and te i­den­ti­fi­seer,” en die vy­and is “ka­pi­ta­lis­me”. Die ge­hoor het han­de ge­klap vir dié stel­ling.

Die re­dak­teur van een boek wat by die ge­leent­heid be­kend ge­stel is, sê toe la­ter: “Die wer­kers­klas is die e­nig­ste klas, as hul­le in be­heer kom, wat nie die mag sal mis­bruik nie, want hul­le pro­du­seer met hul eie han­de . . . Voor­waarts met so­si­a­lis­me!”

Ná die tal­le ge­skied­kun­di­ge e­ko­no­mie­se mis­luk­kings van so­si­a­lis­me en Marx­is­me is dit lag­wek­kend dat men­se meen die ant­woord vir Suid-A­fri­ka se voor­uit­gang lê in hier­die mis­luk­te stel­sels. Die ge­skie­de­nis van hier­die i­de­o­lo­gieë in A­fri­ka, Suid-A­me­ri­ka, OosEu­ro­pa en A­sië het al oor en oor be­wys dat dit on­vol­hou­baar is.

Waar­om word dit dan so on­der­steun in ons o­pen­ba­re sfeer?

My ant­woord: ro­man­ti­se­ring en nos­tal­gie. Die woord “Marx­is­me” is ’n kom­plek­se kon­teks-spe­si­fie­ke i­den­ti­teits­mer­ker waar­by tal­le in die wer­kers­klas hul­le skaar. Die re­des vir hier­die on­der­steu­ning is eer­der e­mo­si­o­neel as wat dit ra­si­o­neel is.

Nos­tal­gie­se Marx­is­me, nes Ostal­gie, le­we in Suid-A­fri­ka. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.