RSG: ‘Draai sy nek om’ word gou ‘sit dit af’

Beeld - - Kommertaar - An­ne­ma­rie van der Walt

Reg, sal al die kin­der­tjies wat el­ke weeks­dag om 11:00 vir ’n he­le half­uur lank na die kin­der­sto­rie op RSG luis­ter as­se­blief hul­le hand­jies op­steek? Sien ek e­ne­tjie daar doer ver? En die mam­mas en pap­pas? O wag, hul­le is by die werk. Ou­mas en ou­pas? Ek­skuus, har­der? Toe­maar, ek hoor ook nie so lek­ker nie.

Trou­ens, ek hoor tans sel­de. Die e­ter in my huis is dees­dae meest­al RSG-loos want op die een of an­der ma­nier kry ek dit óf reg om die knop na “aan” te draai nes 70 000 skril kin­der­stem­me “Die wie­le van die bus draai om en om” sing op ’n tyd wat geen kind­jie of kraai­tjie na­by ’n draad­loos is of be­hoort te wees nie, óf ek sit nog in al­ler­sa­lig­heid en werk en skrik my bui­te wes­te wan­neer die to­ta­le aan­slag van klok­kies en klin­gels be­gin, en loop dan als on­der­ste­bo om by “af” te kom.

In­der­daad was die oor­log er­ger, en ek er­ken ’n mens be­hoort eer­der te kla oor hoe die kor­rup­sie op die Gup­ta-skaal meet en dies meer, maar dit gaan hier om ra­dio.

Ek wil my hor­lo­sie en dag­boek kan in­stel en or­ga­ni­seer vol­gens die ver­trou­de pro­gram ske­du­le­ring van my ge­ko­se ra­di­o­sta­sie. Al­les an­ders in die heel­al en my eie roe­ti­ne kan neig tot ’n twee­de oer­knal, maar moe­nie kar­ring aan my ra­dio luis­ter­rit me­nie.

E­ni­ge ver­an­de­rin­ge in pro­gram ske­du­le­ring moet ui­ters sub­tiel ge­doen word. Ek kan nie be­kos­tig om my nié te ver­vies vir die een of an­der kom­men­taar vroeg­og­gend op Mo­ni­tor nie; ek wíl my oë he­mel­waarts slaan as ie­mand in­bel met ’n ge­luk­wen­sing ter­wyl Mar­te­li­ze Brink eint­lik ’n on­der­houd voer oor kom­man­do­wurms, en ek wil bly won­der of Su­zan­ne Pax­ton se tong óóit sal knoop oor ’n woord soos “e­pis­te­mo­lo­gie” in S­pek­trum.

En son­der Mar­got Luyt se “al­ler-al­ler­bes­te wen­se” op ’n Dins­dag­aand ná Vers en klank gaan ek nie lek­ker slaap nie.

Se­dert die Siem­bam­ba- dae is ek ’n luis­te­raar: vroeg­og­gend voor die ra­di­o­gram, ’n sub­stan­si­ë­le af­fê­re op sul­ke reg­op 1970’s-po­te, vir ’n sto­rie so kort soos ’n a­sem­teug.

Voor op die ra­di­o­gram was dun stro­kies hout met daar­tus­sen die een of an­der lap waar­ag­ter die luid­spre­kers was. Be­hal­we dat ek tóé ge­dog het dis pre­sies waar die k­lein men­sies in Siem­bam­ba- sto­ries weg­kruip. Maar maak nie saak hoe ek pro­beer in­loer het nie, daar­die stem­me het nooit ly­we ge­kry nie. Dié mis­te­rie word toe my leit­mo­tiv vir ra­di­o­ver­sla­wing.

Selfs as Vo­ël­vry-s­tu­dent was my ra­dio meest­al in­ge­stel op die A­fri­kaan­se diens, en dit kon my min skeel dat my tel­ling op die jy-is-koe­ke­rig­me­ter dus die hoog­te in­ge­skiet het. Ja­re la­ter met my eie kui­kens in die nes, was E­vert Sny­man se aand­sto­ries die een ma­nier om hul­le tjoep­stil te kry – ’n vol­le vyf mi­nu­te lank.

Dís my punt: G’n kind se aan­dag­span hou vir ’n half­uur­lan­ge tjom­mel­ri­ge ra­di­o­sto­rie nie. Groot­men­se s’n ook nie. ’n Mens kan ook net so­veel keer deur kner­sen­de tan­de neu­rie “draai sy nek om, gooi hom in die sloot . . .” voor­dat jy oor­slaan na “sit dit af, sit dit af!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.