Spur­sa­ge dalk nie wat ons dink nie

Beeld - - Kommertaar - Fran­cois Bek­ker, P­re­to­ria

Die Spur-sa­ge steek my dwars in die krop.

My pro­bleem met die he­le kwes­sie is nie so­seer met die plat­vloers­heid van die voor­val wat aan­lei­ding ge­gee het tot ’n mas­sa­his­te­rie nie – die in­di­vi­due daar­by be­trok­ke moet elk­een maar be­sin oor hoe om ge­skil­le op ’n waar­di­ge en vol­was­se ma­nier te be­sleg.

Ek sou ook iets kon sê oor die lomp wy­se waar­op die S­pur­groep die voor­val han­teer het. Feit van die saak is, hul­le kan ge­rus be­lê in ’n knap ska­kel­be­amp­te.

My pro­bleem is eg­ter die aan­na­me dat ’n boi­kot­ak­sie nou lei tot mil­joe­ne ran­de se ver­lie­se vir die Spur-kon­ses­sie­hou­ers.

Reg­tig? As dit so is, is hier­die voor­waar die suk­ses­vol­ste boi­kot­ak­sie wat hier­die land nóg be­leef het. Ek het ’n an­der sie­ning. On­der die hui­di­ge e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de het huis­hou­dings se be­stee­ba­re in­kom­ste erg ge­krimp. Die re­stau­rant­be­dryf in sy ge­heel voel dit. Ek sien meer as ooit hoe be­ken­de re­stau­rant­groe­pe se win­kels sluit.

Feit van die saak is, die e­ko­no­mie knyp.

Hier­die he­le af­fê­re kan ’n re­kla­meslen­ter wees, want dit gons nou oor Spur. In­dien dit die ge­val is, moet Spur erns­tig be­sin. Die he­le voor­val is be­sig om ras­sis­tie­se on­der­to­ne kuns­ma­tig aan te wak­ker wat teen­pro­duk­tief vir ge­meen­skap­sko­he­sie is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.