Aan­val gaan oor B­rit­se ver­kie­sing

Beeld - - Kommertaar - Da­wie Ja­cobs, S­ter­re­wag

Nog ’n sin­ne­lo­se daad in Man­ches­ter het weer eens die ge­vaar bloot­ge­lê van kuns­ma­ti­ge gren­se, ver­skil­le en ver­deeld­heid wat so diep in die DNS van die mens­dom in­ge­gra­veer is en le­wen­dig ge­hou word deur ra­di­ka­le, po­pu­lis­te en fun­da­men­ta­lis­te vir hul eie eng be­lan­ge.

Die wê­reld be­no­dig min­der ver­deeld­heid, min­der mu­re, min­der i­de­o­lo­gie, min­der mag en gie­rig­heid en min­der on­ge­lyk­heid, wat ’n vrug­ba­re teel­aar­de skep vir on­ver­draag­saam­heid en haat.

On­kun­de en i­so­la­sie speel in die han­de van ra­di­ka­le – ken­nis en in­ter­ak­sie ver­dryf vrees, voor­oor­deel en wantroue en lei tot be­grip en ver­draag­saam­heid.

My hart bloei vir die men­se van Man­ches­ter, die jong­ste slag­of­fers van ’n ver­war­de mens­dom.

Die aan­slag is on­ge­twy­feld ge­mik daar­op om die B­rit­se ver­kie­sing te be­ïn­vloed, die ver­ster­king van die B­rex­it­fak­sie om Eu­ro­pa te ver­swak. Die Ar­bei­ders was be­sig om grond te wen, maar dit mag daar­die ten­dens ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.