Kerk­plein kort ook nog dít

Beeld - - Kommertaar - An­ton Jan­sen, hoof van die Tshwa­ne­Ge­boue­Er­fe­nis­ver­e­ni­ging

Die po­si­tie­we be­rig oor Kerk­plein, “Oom Paul bly, kry laag er­fe­nis by” (19.05), het ons ver­ras.

Ons pleit weer by die Tshwa­ne-me­tro­raad om na ons plei­dooie te luis­ter om die Kru­ger-stand­beeld te s­kuif na sy oor­spronk­li­ke plek op Kerk­plein, die Sam­my Marks-fon­tein wat tans in die Na­si­o­na­le Die­re­tuin staan, te­rug te bring na Kerk­plein, om ’n beel­de­groep van moe­der en kin­ders op te rig, re­li­ëf­pa­ne­le wat ons in­klu­sie­we ge­skie­de­nis uit­beeld, en ver­al om ’n aan­trek­kings­punt vir kin­ders te skep.

Maar ook pa­ne­le met die na­me van ons hon­der­de kos­ba­re kin­ders wat ver­dwyn.

Die ge­skie­de­nis staan nooit stil nie en Kerk­plein het te lank ste­riel ge­bly. Dis hoog tyd vir toe­ge­voeg­de waarde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.