Is staat se pen­si­oen­fonds ge­doem?

Beeld - - Kommertaar - Er­rol Fe­ster, Kraai­fon­tein

Al­le hui­di­ge en uit­ge­tre­de le­de van die S­taats­dienspen­si­oen­fonds (GEPF) moet koue ril­lings kry oor be­rig­te dat die te­sou­rie dit oor­weeg om ons af­tree­geld te ge­bruik om die SAL van on­der­gang te red.

Die ge­moeds­rus wat ons oor de­ka­des heen ge­had het, lê aan sker­we met on­lang­se on­se­ker- heid oor die moont­li­ke ka­ping van ’n fonds wat voor­heen ’n on­be­ris­pe­li­ke ge­skie­de­nis en ’n uit­ste­ken­de be­leg­gings­pro­fiel ge­had het.

Gaan ons die­self­de pad loop as die Trans­net-pen­si­oen­fonds, wat oor ja­re heen ge­plun­der is?

Be­sef die po­li­ti­ci dat hul uit­tre­de in die­self­de fonds op­ge­sluit lê?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.