Op soek na ’n nu­we Lei­er

Koos Kom­buis meen dat men­se van sy ge­slag die Cal­vi­nis­me ver­werp het en niks in die plek daar­van ge­sit het nie. Nou is hul­le son­der Cal­vi­nis­me en son­der kerk. As daar ooit ’n tyd was dat die ker­ke van die Her­vor­ming moet reg­maak wat in die ver­le­de ver­brou

Beeld - - Middelbad - ’n Por­tret van die kerk­her­vor­mer Jo­han­nes Cal­vyn, ver­moe­de­lik deur Hans Hol­bein die Jon­ge­re.

Dit was goed 30 jaar ge­le­de. Ek het ’n ge­reel­de By­bel­ru­briek in die des­tyd­se By ge­had en be­slis­ter en se­ker­der oor som­mi­ge din­ge ge­skryf as wat ek dit dees­dae sal doen.

Koos Kom­buis – toe nog An­dré Le­toit – het een Sa­ter­dag­og­gend by sy kom­buis­ta­fel ge­sit, die ru­briek ge­lees, ’n on­vlei­en­de ge­dig­gie daar­oor ge­skryf en aan my ge­stuur. Ek het die ge­dig­gie só goed ge­bê­re dat, toe ek dit nou weer tus­sen my boe­ke en pa­pie­re soek, ek dit nê­rens kon kry nie.

Wat jam­mer is, want ek sou dit graag weer wou lees en vir Koos laat kry. Som­mer maar om­dat so baie ja­re tus­sen­in ge­kom het, hy dit lank­al ver­geet het, maar ons dalk nou oor méér din­ge sou saam­stem as wat ’n mens des­tyds sou kon dink. Oor an­der din­ge nou weer nie.

Dit al­les na aan­lei­ding van Mur­ray La Vi­ta se on­der­houd met Koos, “Ker­kor­rel sou ons kon lei” ( Beeld, 12 Mei). Koos sê in die ar­ti­kel aan Mur­ray dat hy nie na die fliek John­ny is nie dood nie gaan kyk nie. In dié fliek – oor die Vo­ël­vry-op­stand on­der som­mi­ge S­tel­len­bos­se stu­den­te teen die PW Bot­ha­re­ge­ring en die es­ta­blishment en die G­rens­oor­log van daar­die tyd – word dik­wels na Jo­han­nes Ker­kor­rel en na Koos ver­wys.

Ja­re la­ter hou vier van die stu­den­te, nou mid­del­ja­ri­ge voor­ste­de­lin­ge, ’n re­ü­nie, dink te­rug aan wat was, wat kon ge­wees het en wat is, rook soos des­tyds dag­ga, raak dronk en kom ag­ter dat hul on­der­lin­ge ver­hou­dings en ver­skil­le en lief­des ná al die ja­re nie so baie ver­an­der het nie. En dat hul­le in baie op­sig­te nog net so deur­me­kaar is soos toe.

Koos sê vir Mur­ray: “Ker­kor­rel moes nou hier ge­wees het. Hy sou vir ons kon sen­se maak oor wat nou in die land aan­gaan. (. . .) En hy sou ’n won­der­li­ke lei­er ge­wees het vir die jong . . . vir hier­die f*k­ken men­se van die John­ny- fliek wat so deur­me­kaar is in die suburbs. Hul­le het hier­die e­mo­ti­o­nal va­cuum. Hul­le het ge­re­bel­leer teen Cal­vi­nis­me, maar hul­le het niks ge­kry in die plek daar­van nie. Hul­le het hul ge­loof in ál­les ver­loor en Ralph (Ker­kor­rel) is die soort ou wat met ru­brie­ke en so sou kon in­houd gee aan waar ons nou is en wat ons te doen staan.”

Dis ’n be­lang­ri­ke in­sig: Dis mak­li­ker, baie mak­li­ker en lek­ker­der om téén iets te re­bel­leer en dit (des­noods met ge­weld) om­ver te gooi as om iets in die plek daar­van te sit. Mak­li­ker om te breek as om te bou. En in ’n min­de­re of meer­de­re ma­te wag ons al­mal op El­sa Jou­bert se Kap­tein, of hun­ker ons na so ie- mand. Vir par­ty is dit Koos de la Rey, vir an­der Jo­han­nes Ker­kor­rel, vir nog an­der . . . Nou ja, die A­fri­ka­ners (A­fri­kaan­ses?) het nog al­tyd na sterk lei­ers ver­lang, en hul­le dan on­ge­luk­kig te dik­wels al­te kri­tiek­loos ge­volg.

Maar De la Rey en Ker­kor­rel is dood, en som­mi­ge van ons het ook die Cal­vi­nis­me be­gra­we. Met re­de. Die Cal­vi­nis­me wat soms ge­pre­dik is, het te veel met ri­gie­de re­ëls te doen ge­had, te min met die e­van­ge- lie wat ver­tel van Ie­mand wie se juk sag en se las lig is.

Van­jaar is dit 500 jaar ge­le­de dat Mar­tin Lut­her sy 95 stel­lings teen die kerk­deur in Wit­ten­berg, Duits­land, op­ge­plak het. Daar­mee het die Kerk­her­vor­ming be­gin waar­van Lut­her en Jo­han­nes Cal­vyn die groot lei­ers was. Die Her­vor­ming – en Cal­vyn! – het juis klem ge­lê op God as ’n ge­na­di­ge God, nie ’n God wat met al­ler­lei wets­voor­skrif­te te­vre­de ge­stel moet word nie.

Dalk is dit pre­sies waar die A­fri­kaan­se ker­ke, ook met hul on­der­steu­ning van a­part­heid, die pot mis­ge­sit het. Hul­le het te ri­gied oor sa­ke ge­dink, te on­ge­na­dig, sa­ke te veel met die ver­stand pro­beer uit­klaar, te min die liefde van God vir al­le men­se ver­kon­dig. Dalk was die A­fri­kaan­se ker­ke eint­lik min­der “Cal­vi­nis­ties” as wat hul­le ge­dink het dat hul­le is en het hul­le baie men­se eer­der ver­vreem as dat hul­le hul­le na­der ge­trek het.

Die Boet­man-is-die-blik­sem-in-ge­slag het hul smaak vir die Cal­vi­nis­me – en die kerk – ver­loor om­dat ’n on­smaak­li­ke vorm van die Cal­vi­nis­me in te veel ge­val­le aan hul­le ver­kon­dig is.

Die vraag is of dit nie nou weer aan die ge­beur is nie. Op ’n jeug­kon­gres in die Vry­staat het jong men­se on­langs ge­sê dat die kerk nie vir hul­le die voor­beeld stel wat hul­le toe­rus vir die nu­we uit­da­gings wat hul­le die hoof moet bied nie. Van die jong men­se het ge­sê dat die kerk (steeds) ne­ga­tie­we taal en vrees ge­bruik om lei­ding te gee oor sa­ke soos sek­su­a­li­teit.

“Hul­le be­leef die kerk in baie ge­val­le as ’n ne­ga­tie­we stem wat net bang­maak eer­der as om eer­lik te wees oor die mooi wat God ons gee ten op­sig­te van sek­su­a­li­teit.” ( Kerk­bo­de, 19 Mei 2017)

Koos Kom­buis meen men­se van sy ge­slag het die Cal­vi­nis­me ver­werp en niks in die plek daar­van ge­sit nie. Nou is hul­le son­der Cal­vi­nis­me, son­der kerk, son­der ge­loof. Hy self is ’n “ge­lo­wi­ge a­te­ïs” sê hy. As daar ooit ’n tyd was dat die ker­ke van die Her­vor­ming moet reg­maak wat in die ver­le­de ver­brou is, is dit nou. As die ker­ke dit kan reg­kry om die bood­skap oor te dra, en dit self uit te leef!, dat die God van die Her­vor­ming ’n God van ge­na­de is en nie ’n kil­le, har­de, ver­oor­de­len­de, ne­ga­tie­we God nie – en dat Je­sus Chris­tus op stuk van sa­ke die sin­ge­wer van ons be­staan is – sal die men­se van die John­ny- fliek wat so deur­me­kaar is in die suburbs, dalk weer ’n slag oor hul on­ge­loof wil be­gin na­dink. En ’n nu­we Lei­er ont­dek?

Fo­to: WIKIPEDIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.