Goeie nuus

Ek is meer as my brein

Beeld - - Middelbad - – S­te­phan Jou­bert

My brein het ’n wil van sy eie. Of, soos wat ons in En­gels sou sê: “My brain has a mind of its own.”

My kop is soos ’n groot GPS-stel­sel met der­dui­sen­de pad­kaar­te vir my le­we waar­van ek nie eens be­wus is nie. Van die mil­joe­ne kon­nek­sies wat my brein el­ke se­kon­de ver­werk, is ek hoog­stens van so 50 of wat be­wus.

Ver­der weet ek nie te veel van wat on­be­wus­te­lik in my kop aan­gaan nie.

Maar dis nie te laat om iets hier­aan te doen nie. Saam met Pau­lus in Ko­los­sen­se 3:2 kan ek kies waar­op ek my ge­dag­tes wil rig.

Saam met hom kan ek be­sluit om my aan­dag op die din­ge van God te fo­kus.

Ek kan be­sluit om my ge­dag­tes en e­mo­sies doel­be­wus van­af ne­ga­tie­we en af­bre­ken­de din­ge te ver­skuif so­dat ek God al hoe meer deur ge­loof kan raak­sien.

Ek kan be­heer oor my kop her­win in Chris­tus se naam en nie toe­laat dat dit in e­ni­ge denk­ba­re rig­ting stag­neer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.