Kry jou eie jag­win­kel met Wild­man

Beeld - - Middelbad -

Die jag­win­kel Wild­man Hun­ting & Out­door bied op­win­den­de fran­chi­se­ge­leent­he­de aan men­se wat pas­sie­vol is oor jag en graag ’n jag­win­kel wil be­dryf.

Wild­man Hun­ting & Out­door het die be­dryf in No­vem­ber 2010 in Er­me­lo be­tree en dis ook waar die hoof­kan­toor ge­leë is.

Dit is die eer­ste fran­chi­se­kon­sep in die jag­be­dryf in Sui­de­li­ke A­fri­ka, sê Hen­nie Ester­huy­sen, be­stuur­der van sa­ke­ont­wik­ke­ling by Wild­man.

“Die Wild­man-win­kels kyk spe­si­fiek na die be­hoef­tes van die man­ne, maar is ook vrien­de­lik ge­noeg vir die he­le fa­mi­lie om pro­duk­te aan te koop,” sê Ester­huy­sen.

“Dis nou ’n win­kel waar die man­ne en die fa­mi­lie kan kom kof­fie drink en lek­ker kan kui­er ter­wyl hul­le rus­tig kyk na die nuut­ste voor­raad.”

Wild­man se aan­bod be­staan uit voor­raad soos jag­ge­we­re, ha­el­ge­we­re, hand­wa­pens, her- laai­toe­stel­le, ’n groot ver­skei­den­heid van am­mu­ni­sie, ka­moe­fleer­drag, wa­pen­klui­se, verf­bal­ge­we­re, wind­buk­se en al­ler­han­de ka­toe­ters vir die veld en bui­te­le­we. Soos ’n mens uit die naam kan af­lei, is jag die voor­keur, maar daar word ook voor­sie­ning ge­maak vir pro­duk­te vir sport­skiet, tak­tie­se skiet ( 3 gun shoot­ing) en wing shoot­ing.

Die per­so­neel van al die Wild­man-tak­ke woon ge­reeld na­si­o­na­le en pro­vin­si­a­le skiet­kom­pe­ti­sies by, soos die lands­wye PMP- of PRO-AMM-kom­pe­ti­sies.

Die eer­ste fran­chi­se wat oop­ge­maak het, is in Graaff-Rei­net ge­leë. Daar­na het ’n he­le klomp tak­ke ge­volg en lands­wyd is daar nou 14 tak­ke. Die nuut­ste by­voe­ging is Pie­ter­ma­ritz­burg in K­waZu­lu-Na­tal, wat bin­ne­kort sy deu­re oop­maak.

Wild­man-per­so­neel pro­beer ten al­le tye om die kli­ën­te te­vre­de te stel met goeie diens en ’n groot ver­skei­den­heid pro­duk­te om van te kies.

Daar is twee soor­te fran­chi­se­win­kels be­skik­baar: ) die stan­daard fran­chi­se­win­kel vir ste­de en groot streeks­dor­pe (groot­tes wis­sel tans van 300 m2 tot 700 m2); en ) die Ex­press-fran­chi­se­win­kel vir plat­te­land­se dor­pe (die mi­ni­mum groot­te is 200 m2).

Wild­man het ’n he­le span by hul hoof­kan­toor in Er­me­lo wat reg staan om jou win­kel aan die gang te kry. Met so­wat 300 jaar se ge­sa­ment­li­ke on­der­vin­ding is jou win­kel in ’n oog­wink aan die gang.

Be­lang­stel­len­des kan Hen­nie Ester­huy­sen by 017 819 3415 ska­kel of die web­werf www.wild­man­hun­tin­gan­dou­t­door.com be­soek. Loer ook na Wild­man Hun­ting & Out­door se Fa­ce­book­blad. Be­soek ook ge­rus jou naas­te Wild­man-tak vir ’n lek­ker kop­pie kof­fie.

Fo­to: ISTOCK

Men­se met ’n pas­sie vir jag en al­les wat daar­mee ge­paard­gaan, en wat graag hul eie sa­ke­on­der­ne­ming wil be­dryf, kan Wild­man Hun­ting & Out­door kon­tak en meer uit­vind oor hul fran­chi­se­ge­leent­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.