Dís hoe­kom jag­ters vir mis­sko­te moet op­dok

Beeld - - Middelbad -

Al hoe meer wildei­e­naars vra dees­dae ek­stra fooie vir mis­sko­te in die jag­veld. Die be­drae geld wat ge­vra word wis­sel aan­sien­lik. Som­mi­ge grond­ei­e­naars vra R200 per mis­skoot, maar an­der vra van­af die helf­te van die bok se prys tot selfs die vol­le prys van die dier.

Só skryf An­dré van der Mer­we, die be­stuur­der van Tak- en S­kiet­sa­ke van die Suid-A­fri­kaan­se Jag­ters- en Wild­be­wa­rings­ver­e­ni­ging (SAJWV), in ’n ar­ti­kel op die ver­e­ni­ging se web­werf.

Vol­gens Van der Mer­we, ’n jag­ter en sport­skut wat ge­reeld deel­neem aan die SAJWV se sport­skietak­ti­wi­tei­te op tak-, streek- en na­si­o­na­le vlak, is se­ke­re jag­ters on­te­vre­de met dié toe­drag van sa­ke, maar Van der Mer­we ver­skaf die vol­gen­de per­spek­tief: ) Dit is die wildei­e­naar se voor­reg om die re­ëls te maak vir en op sy ei­en­dom. Dit is die jag­ter se keu­se om dit te aan­vaar of nie, voor­dat hy sy jag­be­spre­king maak. ) Om e­ni­ge mis­ver­stan­de te voor­kom, is dit be­lang­rik dat die jag­ter aan­dring op skrif­te­li­ke be­ves­ti­ging van die pry­se van wild en die jag­voor­waar­des en re­ëls voor ’n jag­be­spre­king ge­fi­na­li­seer word. In­dien een van die jag­voor­waar­des is dat jy be­taal vir ’n mis­skoot op ’n dier, hou dit in ge­dag­te wan­neer jy be­sluit om jou jag­be­spre­king te fi­na­li­seer.

Vol­gens Van der Mer­we het wildei­e­naars met reg ’n pro­bleem met jag­ters wat hul die­re kwes (of mis­skiet) om­dat hul­le nie be­hoor­lik voor­be­rei het vir die jag nie. Re­des wat lei tot mis- sko­te sluit in: ) ge­brek­ki­ge skiet­ver­nuf en on­vol­doen­de oe­fe­ning op die skiet­baan; ) ge­brek­ki­ge toe­rus­ting – by­voor­beeld ten op­sig­te van die ge­weer, te­le­skoop of am­mu­ni­sie; ) jag­ters wat sko­te bui­te hul ver­moë waag op wild wat te ver staan; ) on­guns­ti­ge skiet­po­si­sies; ) sterk wind wat die koe­ël ho­ri­son­taal s­kuif; en ) jag­ters wat skiet na be­we­gen­de wild.

In­dien ’n jag­ter ’n dier mis­skiet, moes hy in die mees­te ge­val­le nooit daar­die skoot ge­skiet het nie, want dit kon net so­wel ’n kwes­skoot ge­wees het en dan was hy in elk ge­val aan­spreek­lik vir die vol­le be­drag, of die dier ge­vind word of nie. Dit is dik­wels moei­lik om met die eer­ste oog­op­slag te on­der­skei tus­sen ’n mis- en ’n kwes­skoot. Selfs er­va­re jag­ters of gid­se ver­klaar soms dat ’n skoot mis was wan­neer dit in werk­lik­heid raak was – en dít is vol­gens Van der Mer­we die kern van hier­die saak. Só word ge­kwes­te die­re in baie ge­val­le eers ge­vind na­dat die jag­ter reeds die plaas ver­laat het. Die wildei­e­naar sit dan met die ge­vol­ge en fi­nan­si­ë­le ver­lies.

Van der Mer­we skryf hy was self die af­ge­lo­pe vyf jaar die jag­ter in drie ge­val­le waar óf die gids óf ’n me­de­jag­ter vir hom ge­sê het sy eer­ste skoot was mis. “Ek was el­ke keer se­ker van my skoot en het aan­ge­dring om dit op te volg. Elk­een van die die­re is bin­ne 50 m tot 300 m ver­der ge­vind. In die een ge­val was die koe­doe­koei reeds dood en in die an­der twee ge­val­le was ’n op­volg­sko­te no­dig om die die­re te dood,” skryf hy.

“In twee ge­val­le het die koe­ël dwars­deur die bok­ke ge­trek en an­der­kant die die­re in die grond vas­ge­slaan. Die per­soon wat ’n mis­skoot ver­klaar het, het aan­vaar die skoot was bo-oor die dier om­dat hy stof aan die an­der­kant van die bok sien uit­slaan het.”

Jag­ters moet be­grip toon vir die feit dat ’n mis­skoot vir die wildei­e­naar net so on­aan­vaar­baar is as ’n kwes­skoot: van­daar die fooi vir mis­sko­te. Die wildei­e­naar poog daar­mee om die jag­ter te mo­ti­veer om nie kan­se te waag nie en se­ker te maak van die skoot voor­dat hul­le skiet.

Om die vol­le­di­ge ar­ti­kel te lees, of vir meer in­lig­ting oor jag- en s­kiet­sa­ke, be­soek die SAJWV se web­werf by www.sa­hun­ters.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.