Slo­vo sing in ‘Tos­ca’ in Si­ci­lië

Beeld - - Kuns & Vermaak -

di­rek­teur is.

Hy gaan ook die ge­leent­heid kry om on­der twee I­ta­li­aan­se te­no­re – Gi­o­ac­chi­no Li Vig­ni en Sal­va­to­re Fi­si­chel­la – klas te loop. Sy ste­m­af­rig­ter tuis is Juan Bur­gers.

“Daar is baie men­se soos T­hys G­reeff (or­ga­ni­seer­der van die Vi­va O­pe­ra- kon­sert in Mam­re ty­dens die Mam­re-blom­me­skou) wat my help,” sê Ma­gi­da.

G­reeff help tans om ’n geld­in­sa­me­lings­kon­sert vir hom te re­ël om on­der meer sy vlieg­kaart­jie en vi­sum te be­taal.

Slo­vo was al in die pro­duk­sie Show Bo­at wat oor­see ge­toer het en hy het baie koor­werk ge­doen.

“Wan­neer ’n mens ’n rol ver­tolk, is die se­nu­wees al­tyd daar. Die woord se­nu­wees of skoen­lap­pers in jou maag is eint­lik maar ’n eu­fe­mis­me vir hoe jy werk­lik voel,” sê hy.

Sy een groot wens is dat el­ke kind in Suid-A­fri­ka aan o­pe­ra bloot­ge­stel kan word.

“Kin­ders sien nie o­pe­ra op die te­le­vi­sie nie. Dis nie ’n lui­toon van ’n sel­foon nie. Dan word dié wat op skool daar­in be­lang stel, dik­wels af­ge­knou en be­le­dig. My skool­maats het ge­spot en ge­vra of ek in ‘ta­le’ sing.”

Maar hy het vol­hard en hy wil wat hy oor­see leer, te­rug­bring na Suid-A­fri­ka om an­der te help. ) Die geld­in­sa­me­lings­kon­sert is op Sa­ter­dag 3 Ju­nie om 12:00 in die re­pe­ti­sie­lo­kaal van die Kuns­te­kaap­te­a­ter­sen­trum. Khan sal hom op die kla­vier be­ge­lei. Do­na­sies kan voor of ná die kon­sert ge­maak word. Om na Ma­gi­da se sang te luis­ter, be­soek YouTu­be. Vir meer in­lig­ting, kon­tak G­reeff by thys­greeff@i­sat.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.