‘Be­tra­y­al’ tyd­lo­se stu­die van ver­hou­dings

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man Car­ly Gra­e­me, Tom Fai­r­foot en An­to­ny Co­le­man in Be­tra­y­al. Dit duur van 6 Ju­nie tot 1 Ju­lie. Ver­to­nings is Dins­dag tot Sa­ter­dag om 20:15 en Sa­ter­dag ook 18:00. Kaar­tjies kos R140. Dins­dag is half­prys. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

’n Bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding van die B­rit­se dra­ma­turg Ha­rold Pin­ter het sy dra­ma Be­tra­y­al ge­ïn­spi­reer wat in Ju­nie in Sand­ton her­leef.

Greg Ho­mann, re­gis­seur van die stuk wat van 6 Ju­nie tot 1 Ju­lie in die The­a­t­re on the Squa­re op­ge­voer word, be­skryf dit as ’n prag­ti­ge stu­die van in­tie­me huis­hou­de­li­ke ruim­tes.

“Die mees­te van die to­ne­le speel ook in ’n huis­hou­de­li­ke om­ge­wing af. Die sto­rie ver­ken die in­ti­mi­teit van ver­hou­dings en ver­bin­te­nis­se, ook dié van vriend­skap. Dis nou een dra­ma van Pin­ter wat te­ge­ly­ker­tyd re­sen­sen­te en ge­ho­re gaan­de ge­had het. Baie van sy an­der dra­mas het goeie re­sen­sies ont­vang, maar het nie ge­ho­re so te­vre­de ge­stel nie.”

Pin­ter, wat in 2005 die No­bel­prys vir let­ter­kun­de ont­vang het, se to­neel­stuk on­der­soek ’n hu­we­lik wat aan die ver­brok­kel is en ’n ver­hou­ding wat die ka­rak­ter Jer­ry met sy bes­te vriend se vrou, Em­ma, aan­knoop.

Pin­ter het in die 1960’s se­we jaar lank ’n ver­hou­ding met die BBC-te­le­vi­sie­aan­bie­der Jo­an Ba­ke­well ge­had.

Ho­mann het ook on­langs ver­neem Ba­ke­well het ’n re­pliek op Be­tra­y­al ge­skryf met die ti­tel Kee­ping in Tou­ch.

Dit het vroe­ër van­jaar sy de­buut op BBC Ra­dio 4 ge­maak.

Die stuk, wat in 1978 die eer­ste keer op­ge­voer is, on­der­soek ver- skil­len­de soor­te ver­raad, nie net in ’n hu­we­lik nie, maar ook in vriend­skap.

Ho­mann het die to­neel­stuk ge­sien ge­du­ren­de sy mees­ters­graad­stu­die in B­rit­tan­je en hy het die stuk ja­re lank be­han­del met sy stu­den­te. Hy was voor­heen ’n do­sent by die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand en bied deel­tyds le­sings by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria aan.

“Ek het vae her­in­ne­rin­ge van die op­voe­ring wat ek in 2003 ge­sien het, maar ek ken die teks baie goed. Nou­dat ons aan die pro­duk­sie werk, is dit won­der­lik hoe ’n mens nu­we goed om­trent die teks en sto­rie ont­dek. Dit is baie toe­pas­lik van­dag. Ons het nie die tyd­perk waar­in dit af­speel, ver­an­der nie en dit speel ook steeds in Lon­den en Ve­ne­sië af. Die u­ni­ver­se­le aard daar­van sorg dat ’n mens van­dag nog net so baie daar­uit kan neem.”

Die tyd­perk in die sto­rie word nie spe­si­fiek aan­ge­dui nie en niks is ver­an­der aan die oor­spronk­li­ke teks deur Pin­ter wat met die Lau­ren­ce O­li­vier-prys vir bes­te nu­we to­neel­stuk en die New York Dra­ma C­ri­ti­cs’ Ci­r­cle­prys be­kroon is nie.

Die spe­lers is An­to­ny Co­le­man, Car­ly Gra­e­me, Tom Fai­r­foot en Jo­se Do­min­gos. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.