Kin­ders sien nie o­pe­ra op die TV nie. Dis nie ’n sel­foon­lui­toon nie. Dan word dié wat op skool daar­in be­lang stel, dik­wels af­ge­knou.

Re­ak­sie oor nu­we ‘Twin Pe­aks’ wis­sel

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Die kul­tus­reeks Twin Pe­aks se te­rug­keer ná 26 jaar op die kas­sie het ge­meng­de re­ak­sie ont­lok.

Baie te­le­vi­sie­skry­wers klink eg­ter as­of hul­le meer van die oor­spronk­li­ke reeks hou om­dat hul­le meer ver­wag het van die op­vol­g­reeks.

Da­vid Lynch se der­de reeks van dié sur­re­a­lis­tie­se sto­rie oor ’n moord in ’n k­lein A­me­ri­kaan­se dor­pie het pas op M-Net be­gin.

Die ka­bel­net­werk S­ho­w­ti­me het on­langs die eer­ste en twee­de e­pi­so­de van die nu­we reeks van 18 e­pi­so­des uit­ge­saai.

Twin Pe­aks is die eer­ste keer in 1990 uit­ge­saai en die twee­de reeks was tot 1991 op die lug.

Ky­le Ma­cLa­chlan keer te­rug as die FBI-a­gent Da­le Cooper saam met baie van die oor­spronk­li­ke reeks se rol­ver­de­ling.

Lynch, be­kend om rol­pren­te soos Blue Vel­vet, Era­ser­he­ad en Mul­hol­land Dri­ve, is weer die re­gis­seur.

Ri­chard Bro­dy, ’n re­sen­sent, skryf in The New Yor­ker dat die reeks des­tyds van die be­gin af soos een mens se i­dee ge­voel het, min­der so in die ver­tel van die sto­rie as in die be­son­der­he­de, die toon­aard en die beel­de.

Vir Bro­dy het die eer­ste twee e­pi­so­des van die nu­we reeks op S­ho­w­ti­me net ef­fen­se be­moe­di­ging hier­van ge­gee.

So­nia Sa­rai­ya van Va­rie­ty.com sê dat Twin Pe­aks: The Re­turn vreemd en gril­le­rig maar wel in­te­res­sant is. “Nie heel­te­mal rol­prent nie, nie heel­te­mal te­le­vi­sie nie,” skryf sy. “Dis nie vrees­lik pret om te kyk nie en dit kan nog­al ont­hut­send wees, maar daar is nooit ’n aan­dui­ding dat jy iets son­der vi­sie kyk nie. Lynch se vi­sie is so to­taal en ab­so­luut dat hy met goed weg­kom wat an­der­sins nie aan­vaar­baar sou wees nie.”

Da­niel Fien­berg van The Hol­ly­wood Re­por­ter sê wat hom die mees­te van die be­gi­ne­pi­so­de ge­tref het, is hoe oor­tui­gend dit is, met die klem dui­de­lik op “re­la­ti­wi­teit”.

Vol­gens Fien­berg is baie van die nu­we reeks net so toe­gank­lik, vrees­aan­ja­end, steu­rend en waag­hal­sig soos in die oor­spronk­li­ke reeks.

Vir hom is daar ook nie so­veel sub­teks soos in die voor­af­gaan­de rol­prent, Fi­re Walk with Me, nie.

Emily L. S­te­phens van The A.V. Club meen eg­ter twee men­se gaan moei­lik saam­stem oor die in­houd van die eer­ste twee e­pi­so­des van dié reeks om­dat ky­kers se e­va­lu­e­ring af­hang van dit waar­op hul­le ge­hoop het.

Ky­le Ma­cLa­chlan in Twin Pe­aks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.